Meer as 2 miljoen inskrywings ontvang
Meer as 2 miljoen inskrywings ontvang

Meer as 2 miljoen inskrywings ontvang

Audrey Van Der Westhuizen
Klagte:

Coca-Cola, ek wil graag weet hoekom ek 'n bottel oopmaak en die prop se kode SMS, maar dan die volgende boodskap ontvang: "The code you have entered is incorrect or has already been used. Please try again." Dit het so baie met ons gebeur. Julle kompetisie is 'n klug. Al die kompetisies is 'n klug.

Reaksie:

Norton Kingwill, besturende direkteur van Coca-Cola Namibia, skryf:

Ons is spyt om te verneem van die tegniese probleem wat 'n lid van die publiek ondervind het met betrekking tot ons kompetisie. Ons het reeds die klagte onder die aandag van die kompetisie se administrateurs gebring vir terugvoering.

Die kompetisie is bekendgestel gedurende November 2017 en het reeds op 28 Februarie 2018 ten einde geloop.

Tot op hede het ons meer as 2 miljoen inskrywings ontvang en daar is reeds 13 weeklikse wenners aangewys, wat elk 'n prys van N$120 000 gewen het.

Die finale en groot prystrekking, ter waarde van N$500 000, het plaasgevind op 1 Maart 2018 en die besonderhede van die finale wenner sal binnekort aangekondig word.

Ons waardeer die ondersteuning en terugvoering van die publiek opreg en die publiek word uitgenooi om ons kantore te skakel by 061 320 7000 indien hulle enige verdere navrae het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!