Meer as 3 000 leerlinge toets positief
Meer as 3 000 leerlinge toets positief

Meer as 3 000 leerlinge toets positief

Die werklike aantal leerlinge en onderwysers wat sedert Mei positief vir Covid-19 getoets het, kan aansienlik hoër as die amptelike statistiek wees.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Meer as 3 100 leerlinge in staatskole het in ’n kwessie van ongeveer ses weke positief vir Covid-19 getoets.

Vir die tydperk 8 Mei tot 8 Junie het 2 161 leerlinge en 589 onderwysers Covid-positief getoets. Vanaf 9 tot 21 Junie was die syfers 1 031 leerlinge en 165 onderwysers. Teen 21 Junie was dit ’n totaal van 3 192 leerlinge en 754 onderwysers.

Volgens die uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, kan die werklike syfers egter beduidend hoër wees.

“Ons het vir sewe dae in Junie nie getalle van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gekry nie, so dit kan aansienlik hoër wees,” het sy by navraag gesê.

Volgens me. Colette Rieckert van die Vereniging vir Private Skole in Namibië en uitvoerende hoof van Windhoek Gimnasium het 19 onderwysers uit 170 sedert die aanvang van die pandemie by die skool positief getoets. Volgens Rieckert ervaar die skool egter ’n afname en het in die laaste week net twee positiewe gevalle gehad.

Met verwysing na leerlinge sê sy “minder as 40” het positief getoets, maar dat kinders dikwels asimptomaties is.

“Ons het ook twee weke voor staatskole voorkomend gesluit toe nege onderwysers by ons positief was,” het sy gesê.

Rieckert sê 30 leerlinge by die skool, meestal jong kinders, het sover ouers aan Covid-19 verloor. Sy wou nie kommentaar lewer oor ander skole wat deel van die vereniging is nie en sê elke skool hou sy eie data by.

Mnr. Wouter Niehaus, uitvoerende hoof van die Namibiese Privaatskole Organisasie (Napso) het op sy beurt onder neem om die relevante inligting by verwante skole te kry en te deel. Staatskole sluit eerskomende Vrydag en open weer 26 Julie.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!