Meer as 30 000 moorde in Mexiko in 1 jaar
Meer as 30 000 moorde in Mexiko in 1 jaar

Meer as 30 000 moorde in Mexiko in 1 jaar

Mexiko het in 2018 die meeste moorde in die land se geskiedenis aangeteken.

Mexiko se jongste misdaadstatistieke, wat deur die sekretariaat van sekuriteit en burgerlike beskerming uitgereik is, wys 33 000 moorde is verlede jaar gepleeg.

Dit is die hoogste moordsyfer sedert die land twee dekades gelede begin boekhou het. In 2017 was die moordsyfer 28 866.

Dit is aansienlik meer as in Suid-Afrika. Luidens die jongste statistieke is 20 336 moorde in die 2017-’18-boekjaar in Suid-Afrika gepleeg. Baie van die moorde in Mexiko word gekoppel aan dwelmhandel. Die regering is sedert 2006 in ’n sogenaamde oorlog met onwettige dwelmhandelaars gewikkel. Dwelmkartels is ook in ’n stryd gewikkel oor wie in beheer is van sekere gebiede. Foto Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer