Meer as 40 aangehou oor bosbrande
Meer as 40 aangehou oor bosbrande

Meer as 40 aangehou oor bosbrande

Chili
Estelle de Bruyn
Chileense owerhede het 43 mense in hegtenis geneem in verband met die stig van dodelike bosbrande waarin 11 mense tot dusver gesterf het, het pres. Michelle Bachelet aangekondig.

Vir byna twee weke woed verwoestende brande in sewe streke in die suide en sentrale deel van Chili. Meer as 400 000 hektaar is in puin gelê.

Die meeste verdagtes is in die streke wat die ergste deur die brande geraak is, O'Higgins, Maule en Biobio, aangekeer. Hulle staar gevangenisstraf van tot 20 jaar in die gesig. Van die 130 aktiewe bosbrande is 50 onder beheer. - Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer