Meer as 40 hepatitis E-gevalle in Omusatistreek
Meer as 40 hepatitis E-gevalle in Omusatistreek

Meer as 40 hepatitis E-gevalle in Omusatistreek

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Altesaam 45 gevalle van hepatitis E is sedert Woensdag in die Omusatistreek in die Noorde van die land aangeteken.

Hiervan is 10 met laboratoriumtoetse bevestig, en is die meerderheid uit die Tsandi-distrik afkomstig. Teen Donderdag is nog geen sterftes aangeteken nie.

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se Nasionale Noodbestuurkomitee vir Gesondheid het Vrydag ’n span na dié streek gestuur vir ’n ter plaatse ondersoek en ook om ’n gepaste reaksie op die uitbreking te formuleer.

Die span het voorts begin om almal op te spoor met wie die bevestigde gevalle in kontak was sodat die bron van die uitbreking bepaal kan word.

Die span sal ook wenke met gemeenskappe in die streek deel oor hoe om hulself teen die siekte te beskerm.

Simptome van hepatitis E sluit onder meer akute geelsug, donker urine, anoreksie, erge moegheid en ongemak in.

Die inkubasietydperk vir die siekte wissel van twee tot 10 weke, met die meeste gevalle wat van vier tot ses weke ná blootstelling voorkom.

In streke waar die siekte en uitbrekings algemeen voorkom, is dit meestal weens rioolbesmette water.

Die siekte begin gewoonlik met akute virale simptome soos 'n ligte koors, kopseer en moegheid, wat dikwels met 'n verlies aan eetlus en naarheid gepaardgaan.

Met die aanvang van bogenoemde simptome ontwikkel die pasiënt binne 'n paar dae donker urine en 'n geel vel.

Die beste voorkomingsmaatreëls is om drinkwater te kook en om hande gereeld met seep en water te was.

Tipe 1 en 2 word met uitbrekings geassosieer wat deur water versprei. Gemeenskapslede moenie hul hande in stilstaande water was nie. Mense moet ook hul hande was voor hulle kos maak of eet, ná hulle die toilet gebruik het en ná babadoeke omgeruil is.

Gevalle word klinies gediagnoseer wanneer mense al die simptome van hepatitis E toon sonder dat laboratoriumtoetse gedoen is om te bevestig dat die pasiënt wel hepatitis E onder lede het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!