Meer as 60 herstel van Covid-19
Die liggame van persone wat aan Covid-19 gesterf het, gaan in bestaande begraafplase begrawe word.
Henriette Lamprecht – Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), dr. Kalumbi Shangula, sê die aantal bevestigde Covid-19-gevalle het met 36 tot 1 402 gestyg. Hiervan is 28 op Walvisbaai, vier op Swakopmund, drie in Windhoek en een op Lüderitz. Uit die 36 is 16 vroue en 20 mans.
Die drie gevalle in die hoofstad is soos volg: Die eerste geval is 'n 45-jarige man van Otjiwarongo wat met openbare vervoer na Windhoek gereis het waar hy in die Windhoek Sentrale Hospitaal vir 'n chirurgiese prosedure opgeneem is. Hy is voor die operasie getoets en het geen simptome getoon nie.
Die tweede geval is 'n 37-jarige vrou en inwoner van Walvisbaai wat na Windhoek verwys is en in die Katutura-staatshospitaal in 'n isolasiekamer opgeneem is. Sy is getoets en is terug Walvisbaai toe.
Die derde geval is 'n 46-jarige man en inwoner van Goreangab wat op 20 Julie met Covid-19-verwante simptome 'n private dokter besoek het.
Die geval op Lüderitz is 'n 39-jarige vrou van Rosh Pinah wat Covid-19-verwante simptome getoon het. Sy het geen reisgeskiedenis nie.
Volgens Shangula is 12 pasiënte in 'n Walvisbaaise hospitaal “uiters siek” en benodig suurstof.
Hy sê nog sewe gevalle het ten volle herstel, gevalle 36, 44, 71, 192, 184, 185 en 337.
Dié gevalle sluit in 'n 19-jarige skoolmeisie op Mariental wat kontak gehad het met 'n skoolseun wat uit Walvisbaai teruggekeer en positief vir Covid-19 was en 'n Malawiese vragmotorbestuurder wat op 5 Junie uit Zambië op Katima Mulilo aangekom het. Vier van die oorblywende 5 is van Walvisbaai.
Die aantal aktiewe gevalle staan tans op 1 331, terwyl 64 mense tot dusver herstel het. Tot op hede is 19 620 weefselmonsters getoets en 660 mense is tans in kwarantyn.
Intussen gaan die liggame van persone wat aan Covid-19 gesterf het in reeds bestaande begraafplase op Walvisbaai begrawe word. Nampa berig dié besluit is volgens die goewerneur van die Erongostreek, mnr. Neville Andre, ná konsultasie met MoHSS geneem. Andre sê al die liggame sal in lyksakke geplaas word alvorens dit in die kis gesit word.
“Dit is dus 'n normale begrafnis. 'n Beperkte aantal familielede sal toegelaat word om dit met persoonlike beskermende toerusting (PPE's) by te woon, terwyl die res dit van 'n afstand en in lyn met regulasies sal kan bywoon.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie