Meer as 60 jaar aan mekaar se sy
Meer as 60 jaar aan mekaar se sy

Meer as 60 jaar aan mekaar se sy

Dani Booysen
'N VRIEND VAN DIE FAMILIE SKRYF:

Oupa Dawid en Ouma Elizabeth Sagarias het op 6 November 2021 hulle 61ste huweliksherdenking gevier.

Jare gelede het hulle mekaar leer ken op die plaas Contrade waar Ouma Elizabeth se familie gewoon het en waar sy gewerk het. Oupa Dawid het ook op die plaas gewerk en dit was nie lank nie of die twee van hulle het begin uitgaan.

Nadat hulle getroud is, het Oupa Dawid by die destydse Spoorweë (vandag bekend as TransNamib) gewerk. Ouma was altyd huisvrou en moeder vir hul kinders.

Oor die jare is daar nege kinders uit die huwelik gebore, maar hulle het ook vyf grootmaakkinders gehad. Uiteindelik het die familie met 20 kleinkinders en vyf agterkleinkinders uitgebrei.

Hulle boodskap aan pasgetroudes lui soos volg:

“Julle moet geloof hê in God en hom die middelpunt van julle lewenspad tesame maak. Dan sal Hy die huwelik seën. Die vrou moet eerbied aan haar man betoon en die egpaar moet erken dat hulle met ’n oneindige kontrak aan mekaar verbind is. Die man moet sy vrou liefhê selfs al kan hy haar nie altyd verstaan nie.

"Hierdie toegewydheid aan mekaar kan slegs met samewerking tussen die twee van hulle voortbestaan omdat daar net die twee van hulle op die altaar gestaan het. Daarom moet hulle mekaar respekteer, liefhê en saamdra aan mekaar se pyn. As jong en ook ouer getroudes hierdie boodskap ter harte neem, dan sal julle ook dit bereik wat ons bereik het.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!