Meer as duisend Landrovers koers na Uis
Meer as duisend Landrovers koers na Uis

Meer as duisend Landrovers koers na Uis

Anneli Erasmus
Des Erasmus - Uis in Damaraland gaan in die naweek vanaf 26 tot 28 Augustus die plek van ’n aanslag op ’n wêreldrekord van 1 007 Landro­vers wees.
Die rekord van 1 007 is verlede jaar in Suid-Afrika opgestel en deur die Guinness-rekordboek erken.
Die groot aanslag kom op 28 Augustus wanneer die Landrovers in ’n konvooi gaan beweeg. Een skatting van die konvooilengte van soveel Landrovers is sowat ses km.
Phellazie Simon van Grootfontein, voorsitter van die Landroverkomitee vir die Uis-saamtrek, het in ’n gesprek aanRepublikein gesê planne vir die aanslag het klein begin, maar geweldige belangstelling het gou posgevat.
Van oorsese lande is daar belangstelling in Brittanje en ook ’n internasionale Landrover- en motortydskrif. Landrover-eienaars van Suid-Afrika het laat weet hulle kom en uit Namibië se ander buurlande is dit feitlik seker dat Botwana sterk verteenwoordig gaan wees.
Dit gaan ’n byeenkoms vir alle Landrovers ongeag die jaartal, tipes en modelle wees.
Tipes wat genoem word, is Defenders, Range Rovers, Discovery, Freelanders en Evoque.
Die basis vir die byeenkoms gaan ’n groot feestent by die Brandberg Ruskamp op die dorp wees. Alle ander kampeerterreine op die dorp en in ’n omgewing van tot sowat 30 km sal beset word.
Die byeenkoms sal ondersteun word deur staanplekke waar toerusting vir Landrovers, veral kampeertoerusting, vertoon sal word. ’n Volle reeks bykomstighede sal ook beskikbaar wees.
Feesgangers sal ook aan ’n reeks kompetisies soos onder meer ’n toets teen Uis se mynhope kan deelneem.
Oor deelnemers van buite Namibië se landsgrense sê die organiseerders dit staan hulle vry om as enkelinge of in saamrygroepe te kom.
Aanbieders van die byeenkoms is die Landrover Eienaarsverenging van Namibië wat verlede jaar gestig is.
Skakelbesonderhede is: Phellazie Simon, feesvoorsitter, +264 81 438 7855; [email protected] en Henry Boshoff, sentmeester, +264 81 124 5745, [email protected].
Dit staan deelnemers aan die saamtrek vry om die geleentheid op Uis deel te maak van ’n vollediger toer deur Namibië. Daarvoor kan met toeroperateurs geskakel word - www.newafricanfrontiers.com/[email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!