Meer as eeu se vrywillige diens
Die Freiwillige Feuerwehr Lüderitz vier vanjaar sy 110de bestaansjaar. Die vrywillige brandweerdiens het begin met ’n pomp en ’n leer wat deur ’n perd getrek is. Later het dit opgegradeer na ’n Willys Jeep, toe ’n 1957-Chevy en uiteindelik die Mercedes-waens wat deur die rotariërklub op die dorp en skenkers uit Duitsland geskenk is. Heelwat Lüderitz-inwoners het al by die diens ingeval, met baie wat die grootste gedeelte van hul volwasse lewens op die dorp gedien het. Een van hulle is mnr. Gerd Kessler, wat onlangs ná 38 jaar as vrywillige brandweerman uit aktiewe diens getree het. Danksy Cymot en Udo's Auto Centre se ondersteuning deur gratis dienste en skenkings soos toerusting en hulpmiddels vir opleiding, kan die brandweer ná meer as ’n eeu steeds ’n diens aan die dorp lewer.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie