Meer as ’n miljard nodig vir Covid
Die IMF sal die regering se besteding op sy Covid-19-entstofveldtog met arendsoë dophou.
Jo-Maré Duddy – Namibië se ontplooiing van sy Covid-19-entstofveldtog gaan minstens N$1,6 miljard in totaal kos, waarvan sowat N$522 miljoen nodig is om ’n beraamde 1,56 miljoen mense te immuniseer.
Volledige syfers is vervat in die Internasionale Monetêre Fonds se jongste verslag oor Namibië, wat saamgestel is ná die IMF in Februarie vanjaar samesprekings met die regering gevoer het.
Hiervolgens beraam die IMF die land se entstofveldtog in 2020-’21 en 2021-’22 gaan Namibië in totaal US$115,1 miljoen kos – meer as N$1,6 miljard teen die huidige wisselkoers.
Die IMF skat 2,6 miljoen mense woon tans in die land. Die regering beoog om 60% van die bevolking in te ent om kudde-immuniteit te verseker. Om genoeg entstof hiervoor te bekom, gaan US$37,4 miljoen kos.
Namibië se deelname aan Covax, waarvoor die regering in Desember reeds ’n eerste paaiement van N$26,4 miljoen betaal het, behoort 20% van die bevolking van entstowwe te voorsien.
Bykans N$12,6 miljoen se spuitnaalde en ander voorraad is noodsaaklik. Kapasiteitontwikkeling en bykomende opleiding gaan sowat N$911,7 miljoen vereis. Vervoerkoste sal bykans N$46,1 miljoen opslurp.
Infrastruktuur om te verseker die entstowwe word teen die regte temperature geberg, gaan sowat N$61,4 miljoen verg. Oorsig oor die entstowwe in die koueketting, asook die monitering en evaluering daarvan sal bykans nóg N$47,5 miljoen kos.
Amper N$1,4 miljoen moet aan die publisiteitsveldtog bestee word om mense te oorreed om ingeënt te word.
IMF-LENING
Die minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi, en die president van die Bank of Namibia (BoN), mnr. Johannes !Gawaxab, het in Februarie vanjaar saam ’n skriftelike versoek aan die besturende direkteur van die IMF, me. Kristalina Georgieva, gerig.
Hierin het hulle opnuut vir hulp onder IMF se Rapid Financing Instrument (RFI) gevra om die impak van die Covid-19-pandemie op die Namibiese ekonomie te help versag.
Dit was die eerste keer ooit dat die regering vir ’n lening by die IMF aangeklop het. Op 31 Maart het die IMF Namibië se volle leningskwota van sowat US$270,83 miljoen goedgekeur – bykans N$3,8 miljard teen die huige wisselkoers.
Volgens die IMF het die impak van die pandemie “dringende” behoeftes vir Namibië se betalingsbalans en begrotingsfinansiering ontketen. Die RFI-lening, wat as begrotingsteun toegestaan is, sal egter net in 52% van Namibië se betalingsbalansbehoeftes voorsien.
Die IMF se RFI-lening is nie uitsluitlik vir Namibië se Covid-entstofveldtog nie. Die regering het verlede jaar bykans N$6,4 miljard vir ’n ekonomiese stimulus- en verligtingpakket beskikbaar gestel om die impak van die pandemie te versag en dit het baie druk op die begroting geplaas.
Die IMF glo die RFI-lening sal as katalisator dien vir Namibië om nóg geld by sy ontwikkelingsvennote te bekom. Die African Development Bank (AfDB) het in Maart ook ’n lening van sowat N$1,5 miljard vir ekonomiese herstel toegestaan.
Die regering beskik oor voldoende kapasiteit om sy skuldverpligtinge teenoor die IMF na te kom, sê die instelling.
DEURSIGTIGHEID
Die regering het die IMF beloof om Covid-19-geld slegs vir dié doel te gebruik.
’n Finale verslag oor alle Covid-uitgawes sal teen die einde van September vanjaar gepubliseer word. ’n Volledige oudit van Covid-besteding sal binne 12 maande ná die einde van die 2020-’21-begrotingsjaar aanlyn beskikbaar wees.
Die regering het voorts onderneem om teen die einde van volgende maand alle verkrygingskontrake te publiseer wat aangaande Covid-besteding toegestaan is. Dit sal die name van entiteite en begunstiges insluit.
Die IMF sal ook toegang tot the BoN se eksterne ouditeurs en eksterne ouditverslae hê.
Namate die Covid-krisis afneem, het die regering onderneem om sy begrotingsbeleid te “heroriënteer”.
Fokus sal opnuut op die volhoubaarheid van skuld en groeivriendelike begrotingskonsolidering val, met die klem op hervormings van die staats se salarisrol en ondernemings in staatsbesit (SOE’s), sê die IMF.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie