Meer as u2019n miljoen van ministerie geu00ebis
Meer as u2019n miljoen van ministerie geu00ebis

Meer as ’n miljoen van ministerie geëis

Tydens ’n tradisionele owerheid-vergadering op Okakodhi het polisiebeamptes glo amok gemaak.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – ’n Groep van 23 klaers en lede van die Ondongo- tradisionele owerheid eis elk N$75 000 van die ministerie van veiligheid en sekuriteit en die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie vir beweerde intimidasie en teistering.

Die klaers sluit onderwysers, ’n voormalige ambassadeur en staatsdienskommissaris, hoofmanne, ’n boer en ’n afgetrede soldaat in.

Die saak hou verband met ’n vergadering van gemeenskapslede van die Amuteya- tradisionele distrik van die Ondongo- tradisionele owerheid op Okakodhi op 14 Oktober 2017.

Laasgenoemde is in die Amuteya-distrik van Ondonga in die Okankolo-kiesafdeling.

Volgens hofstukke het die vergadering vreedsaam verloop en het dit sonder enige wapens plaasgevind.

Tydens die vergadering het ’n groep van vyf polisiebeamptes van die polisiekantoor op Omuthiya in die Oshikotostreek onder aanvoering van sers. Philip Nghipukuula by die geleentheid opgedaag.

Die groep polisiebeamptes het glo “verklarings en dreigemente” teenoor die groep gemaak, wat veroorsaak het dat die vergadering moes ontbind.

Volgens hofstukke het hulle voorts “verkeerdelik” aan die groep gesê hul vergadering is onwettig en is hulle “geïntimideer en geteister” om dit te staak.

Die groep is voorts gedreig met inhegtenisneming en aanhouding omdat hulle die vergadering belê en bygewoon het.

Volgens hofstukke was die groep ook verward oor waar hulle beskerming van hul regte kon eis, omdat dit juis polisielede was wat na bewering vir die skending daarvan verantwoordelik was.

Die klaers sê hul demokratiese reg om vreedsaam te vergader, is geskend.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!