Meer as N$2 miljoen die naweek geroof
Meer as N$2 miljoen die naweek geroof

Meer as N$2 miljoen die naweek geroof

’n Vrou wat teen ’n berg besig was om gras te sny, het na haar dood geval.
Tanja Bause
Tanja Bause – Die afgelope naweek is verskeie diefstalsake by die Namibiese polisie aangemeld.

Volgens die polisie se misdaadverslag het drie onbekende mans in die Onghalulu-nedersetting op Okongo Donderdag ‘n sonkragpompsilinder ter waarde van N$33 000 van die nedersetting se gemeenskaplike waterpunt gesteel.

Die verdagtes se voetspore is tot die hoofpad gevolg waar hulle glo in ’n voertuig geklim het en gevlug het. Niemand is in hegtenis geneem nie.

Tussen 10 en 21 Julie is vervalste fakture glo vir sementaankope ter waarde van N$1 060 531 uitgereik. Die voorval het op Oshikango by Kambwa Trading cc plaasgevind.

Niemand is in hegtenis geneem nie.

Vrydag het ’n sakeman glo sonder die medewete van sy vennoot N$700 000 aanlyn oorgedra.

Die verdagte het die geld glo in sy FNB- en Bank Windhoek-rekeninge inbetaal.

Die vermeende slagoffer is ’n Chinese burger en die eienaar van Alfa Construction Company in Namibië.

Donderdag is die Markhams-klerewinkel op Walvisbaai se venster glo met onbekende voorwerpe stukkend geslaan. Klere ter waarde van N$208 800 is glo gesteel.

Niemand is in hegtenis geneem nie en die gesteelde ware is nie verhaal.

By die Iino-nedersetting op Oshikuku het ’n onbekende man na wat verneem word ’n byl gebruik om die vensters van ’n huis uit te slaan en toegang tot die huis te kry.

Die verdagte het na bewering onder meer ’n kas Jameson-whiskey, bokse wyn, kaste bier, potte, ’n strykyster, parfuum, klere, komberse, gordyne en ’n horlosie ter waarde van N$42 980 gesteel.

Niemand is in hegtenis geneem nie.

Saterdag het drie verdagtes die deur na die Schonfeld-gasteplaas se kantoorgebou, sowat 54 km buite Omaruru op die Kalkfeld-pad, glo met ’n koevoet oopgebreek.

’n Skootrekenaar, ’n banksak met N$4 215 in kontant en ’n klein kluis, sleutels en paspoorte word onder meer vermis.

Die waarde van die vermiste items is nog nie vasgestel nie. Die polisie het die klein kluis, sleutels en paspoorte in die veld gevind. Niemand is in hegtenis geneem nie.

Nadoodse ondersoek

Saterdag om 19:46 het me. Veronika Haimbondi en haar suster in die berge by die Kilimanjaro- informele nedersetting buite Windhoek gras vir kleinvee gaan sny.

Terwyl hulle die gras gesny het, het Haimbondi na wat verneem word gegly en na haar dood geval.

Amoolongo Homateni (5) en Simon David (6) het Saterdag om 18:00 in hul tradisionele huis in die Oshikondeilwa- nedersetting in die Oshikotostreek doodgebrand. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

Donderdag om 15:00 het veewagters ’n man in die bosse langs die Brakwaterpad naby Bokomo sien lê. Hulle het gedink die man is dronk en verder beweeg.

Vrydag om 11:50 het hulle weer by die man verbygegaan en hom in dieselfde posisie sien lê.

Volgens die misdaadverslag het hulle ondersoek gaan instel en gesien die man was dood en met bloed bedek.

Die veewagters het die polisie in kennis gestel, wat vasgestel het die man het vier steekwonde.

Die man is nog nie geïdentifiseer nie en die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!