Meer as nege ure as eerste rekordtyd gestel
Avontuursport
Ses Windhoekers het laas Sondag die Auas Mountain Traverse voltooi, waarna die vier voltooiers hul eindtyd as 'n potensiële rekordtyd op die webblad fastestknowntime.com aangeteken het.
Die plan was om die lengte van die Auasberge suidoos van Windhoek in die vinnigste tyd moontlik baas te raak deur sover moontlik op die kruin van die bergreeks te bly.
Gedurende die drafstap het die span ook beoog om by elk van die vier hoogtebakens op die reeks aan te doen. Die hoogste baken is Molteblick (2479 meter bo seespieël). Brandberg is die enigste punt in Namibië hoër as Molteblick.
Die span van ses – Jaco van den Berg, Ian Burger, Thomas Miller, Wim Steenkamp, Stephanie Roland en PC Visser – het hierdie ekskursie reeds vir maande beplan en het die oggend sesuur by die plaas Voigtland aan die oostekant van die bergreeks weggespring.
Die roete kronkel deur verskillende eienaars se grond en vooraf is seker gemaak dat hulle by almal toestemming gekry het.
Elkeen was met 4 liter water gewapen. Die kwik het vinnig gestyg tot 35 grade Celsius, waar dit die meeste van die dag bly staan het. Op die roete is geen bestaande voetpaaie nie en die drawwers moes meestal oor klippe klouter en op die rotskruin van die berg bly. Daar was wel baie wild soos sebras, gemsbokke en waterbokke en hier en daar kon die drawwers voetpaadjies volg.
Die moeilike omstandighede het gou reeds 'n tol geëis en Visser en Roland het ná sowat vier ure tou opgegooi. Vir die res van die tyd was hulle toe die ander drawwers se ondersteuningspan.
Teen omstreeks 14:00 het die span by die Harmony-satellietstasie aan die westekant van Auas-bergreeks aangekom en hul stophorlosies gestop. Hulle het die 30 kilometer van uiters rowwe terrein suksesvol in 'n tyd van nege ure 24 minute afgelê.
• Op die webblad fastestknowntime.com word tye aangeteken op roetes wat uniek en merkwaardig genoeg is sodat andere dalk sal belangstel om daarop te verbeter. Die fokus is op hardloop en veldresiese, eerder as tegniese bergklimdele wat die gebruik van toue vereis, of plekke waar water oorgesteek moet word. Die webblad word ook nie vir enige amptelike wedren gebruik nie.
Die roete wat die genoemde Windhoekse viertal gevolg het, asook die riglyne om “rekords” te jaag, kan op die webblad verkry word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie