Meer as net ’n ekspo
Die oomblik het aangebreek: Maande se beplanning en ure se gesprekke sal uiteindelik volgende naweek vorm aanneem wanneer Inspirasie Tafels 2018 by Windhoek se skougronde plaasvind.
Kollig het met die Inpirasie-span gesels om uit te vind wat die ekspo vir hulle beteken. Om ‘n geleentheid van hierdie aard en omvang moontlik te maak, sit nie in elkeen se broek nie.
“Dis nie ’n skou nie. Dis nie ’n mark nie. Dis ’n ervaring wat geskep is om hoop te bied. Die ekonomie knaag almal sedert 2016 tot op die been. Ons wou ’n platform skep waar makers en crafters inisiatief neem om die kospotte aan die gang te hou. Maar ons wil nie net nóg goedjies op die tafel sit nie. Ons wil wys dat ons soveel meer is as net die basics,” sê Ronel van Wyk, een van die ekspo-organiseerders.
“Ons het ongelooflik talentvolle mense in ons midde. Elke uitstaller het ’n storie. En dit het vir my en Frans van Wyk ook ’n groot deel geraak van wat Inspirasie Tafels vir ons beteken” sê sy.
Ronel vertel hoe twee uitstallers haar tydens die beplanning van Inspirasie Tafels 2018 diep geraak het.
“Ons het ’n afspraak met BioFarm Products gehad. Hier kom sit hierdie twee oumense voor ons. Jy kan sien hulle het al diep spore getrap, maar die glinstering van hoop is nog in hul oë. Hulle het nie veel geld nie, maar hulle woeker met wat hulle het om aan die lewe te bly. Hulle het nege kinders deur skool gekry en die laaste van hul 10 kinders is nou met haar laaste jaar op skool besig.
“Ons het begin gesels en idees heen en weer gegooi. Hierdie twee mense het baie diep in ons harte ingekruip. So ’n week gelede het hulle gou by die kantoor kom inloer en van hul produkte saamgebring om te hoor of dit Inspirasie Tafels se goedkeuring dra,” sê Ronel.
Sy sê ervarings soos dié maak al die bloedsweet die moeite werd.
“Ek raak emosioneel oor Inspirasie Tafels juis hiéroor. Dit bied hoop aan mense van wie se omstandighede ons nie eers bewus is nie.
“Stillhouse Gin is nog ’n voorbeeld hiervan. Die eienaar was by verlede jaar se Inspirasie Tafels en sy is deur Elke le Roux se werk geïnspireer om haar droom ’n werklikheid te maak. Sy stal vanjaar haar jenewer en etikette wat deur Elke ontwerp is, uit,” vertel Ronel.
Die Inspirasie-span het een groot wens vir almal wat by die ekspo betrokke is:
“Ons grootste wens vir Inspirasie Tafels is dat dit hoop sal gee aan dié wat dit nodig het. Dat dit dié wat voel hulle’s in ’n doodloopstraat, sal inspireer.”
Hulle hoop Inspirasie Tafels laat mense van hul alledaagse take ontvlug, en vermaak Windhoekers wat nie met vakansie weg is nie.
“Mag elke uitstaller by Inspirasie Tafels ná afloop daarvan met ’n hart vol dankbaarheid huis toe gaan,” sê Ronel.
Gwen Akwenye, ook lid van die Inspirasie-span, sê: “Dit is skaars 'n maand ná ek by die span aangesluit het, en ek moet sê dit was een van die wonderlikste ervarings van my lewe. Om te leer hoe alles gedoen word, het my kennis oor die wêreld van geleenthede aansienlik uitgebrei.
“Dit is 'n omgewing waar werk nie soos werk voel nie, waar idees bymekaarkom om 'n buitengewone belewenis te skep – nie net vir dié wat dit bywoon nie, maar ook vir dié wat agter die skerms werk.”
In 'n kort tydjie moes Gwen vinnig leer hoe om ‘n ekspo van hierdie grootte op die been te bring.
Sy sê sy het dadelik soos familie gevoel, en hoewel dit baie harde werk is, het sy lank laas so ontspanne oor die voltooiing van ’n projek gevoel.
“Ek is gedrewe om dinge gedoen te kry. Dis ‘n ongelooflike ervaring vir my,” vertel sy.
Volgens haar speel kos en alles wat om ‘n etenstafel plaasvind ‘n groot rol by die ekspo, waaroor sy baie opgewonde is.
”Aangesien ek onlangs ‘n gesonde leefstyl aangepak het, is daar 'n paar uitstallers en stalletjies waarna ek baie uitsien. The Tea Bar is bo aan my lys vir besoeke. My huidige obsessie is ment-groentee, maar ek is seker The Tea Bar sal my aan 'n paar nuwe obsessies bekend stel. Daar is 'n wonderlike verskeidenheid wat ek moet probeer. Die Choc Chilli Chai is baie interessant vir 'n nuwe teeverslaafde soos ek. Nóg 'n stalletjie waarna ek uitsien, is Melanie - Fitness and Nutrition. Nie net sal ek 'n paar wenke kan kry oor hoe om my gewig te beheer nie, maar ek sien ook uit na haar veganistiese sjokolademousse,” sê Gwen.
Klere is altyd 'n treffer by enige ekspo, en Inspirasie Tafels neem dít ernstig op.
"Daar is soveel uitstallers wat 'n groot verskeidenheid klere ten toon stel. Ek is só opgewonde. As ek nog nie elke laaste sent uitgegee het nie, sal ek Matsidiso besoek om skoene vir my baie nuwe uitrustings te vind. Hulle is 'n Suid-Afrikaanse skoenwinkel met 'n asemrowende verskeidenheid skoene.”
Gwen sê sy sien uit daarna om haar mening by die Bloggers’ Hang te gaan lug.
“Tussen die oomblikke van inkopies doen en lekker eet, sal ek ook 'n oomblik neem om Bloggers’ Hang vir ekstra inspirasie te besoek. Ons het 'n hele paar sprekers wat hul stories en inspirasie op verskeie gebiede sal deel. Mode, finansies, fiksheid, entrepreneurskap en skoonheid sal alles in hierdie ruimte bespreek word. Ujama Mushimba, Hermien Elago, Mariane Akwenye, Sibongile Tshabalala, Johan Nel sal ons onder andere met hul teenwoordigheid bederf en hul gedagtes deel. Ek is opgewonde om deur hierdie groot hierdie persoonlikhede geïnspireer te word," sê sy.
Gaan maak ‘n draai by vanjaar se Inspirasie Tafels.
Maar wees gewaarsku: Jy gaan as ‘n nuwe mens vol hoop en inspirasie uitstap – en die Inspirasie-span neem geen verantwoordelikheid hiervoor nie.
Kaartjies vir Inspirasie Tafels is by webtickets.com.na beskikbaar.
Dié leefstyl-ekspo vind van 30 Augustus tot 1 September by Windhoek se skougronde plaas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie