Meer dade, minder woorde
Meer dade, minder woorde

Meer dade, minder woorde

Dani Booysen
Dit is goed dat die regering Dinsdag opnuut op die heel hoogste vlak die onmenswaardige lewensomstandighede in Namibië se informele nedersettings erken het.

Ook goed is om wéér die feite op rekord te plaas. Die herhaling van die belang van goedkoper konstruksie-alternatiewe en slim eienaarskapmodelle bied ‘n sprankel van hoop.

Die byna een miljoen geraakte Namibiërs wil egter eerder weet presies wat gaan gedoen word om hul lot aan te spreek en wanneer gaan dit teen ‘n versnelde tempo begin geskied.

Oor die afgelope byna drie dekades is die vraagstuk gekenmerk deur ‘n mengsel van niksdoen en ingryping met onsuksesvolle planne wat weer tot stilstand geruk het.

‘n Konstante finansieringstroom is noodsaaklik om ‘n verskil te maak. Horte en stote breek telkens momentum.

Stad Windhoek het N$1 miljard nodig om in 26 van sy 87 sinkhuisbuurte ‘n tasbare verskil te maak, maar buiten dat die regering sowat vyf maande geneem het om die hoofstad se ontwikkelingsbegroting goed te keur, is geld hiervoor met meer as 80% ingekort.

Al uitweg is om private beleggers by te trek wat ‘n nie-buitensporige wins uit hul hulp kan verdien.

Indien pres. Hage Geingob beledig, ontstig of gekrenk (“offended”) voel weens die toedrag van sake, wys die vinger na sy eie party en voorafgaande regerings, indien nie ook sy huidige span nie.

Namibiërs se smagting na dade wat prakties hul lewens verbeter, groei by die dag.

So sê ander

30 Januarie 2019

Beeld, Die Burger en Volksblad sê

Daar is waarskynlik naby aan 7 miljoen Suid-Afrikaners wat ten minste simpatie sal hê met Helen Zille se #taxrevolt-dreigement sou die Zondo-kommissie nie binne ’n redelike tyd inhegtenisnemings meebring nie.

Dit is dié burgers wat ’n loodswaar belastinglas dra om Skip SA vlot te hou. Veral die sowat 1,8 miljoen wat bykans 90% van die belasting bydra.

Hulle sien die plunderingsgruwelfliek van die Zondo-kommissie daagliks in 3D voor hulle afspeel.

Ongeag die bewese griewe van belastingbetalers behoort Zille van beter te weet as om met ’n belastingboikot te dreig. Dit sal boemerang en alle Suid-Afrikaners in ongekende ellende dompel. Die onbedoelde gevolge kan ongekende geweld en anargie insluit. Om nie te praat van die skade aan die ekonomie nie, wat onherstelbaar kan wees.

Daar is ander, reeds bewese, maniere om verantwoordbaarheid af te dwing en dit is deur die demokratiese instellings tot ons beskikking te gebruik.

Tegelyk is die ongeduld van Suid-Afrikaners te verstane oor ’n lang uitgerekte kommissie waarvan die einde ver anderkant die horison lê.

Wetstoepassingsagentskappe moet gouer eerder as later ondersoek instel na diegene wat in getuienis voor die Zondo-kommissie by korrupsie betrek word. Skuldiges moet so gou moontlik uit kernposte en die samelewing verwyder word.

Die regering is ten minste dít aan alle Suid-Afrikaners verskuldig.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!