Meer geld vir minder goed
As jy gereeld inkopies doen, moes jy dit al gesien het: Die inhoud van sekere items raak al hoe minder.
Daai lekker slab sjokolade? Dis lankal nie meer 100 g nie, dis nou net 80 g.
Die roomys wat altyd 2 liter was? Wel, dis nou 1,8 liter. Dan praat ek nog nie eers van almal se gunstelingtamatiesous waarvan die inhoud nie meer 750 ml is nie, of bierblikkies wat minder bier in het nie.
Vreemd genoeg, die verpakking lyk nog dieselfde en die prys – wel, nou en dan kry jy al vier bogenoemde items op special – is nog om en by dieselfde.
Maar dis in die fynskrif dat die waarheid gedruk is: Die inhoud is minder.
Volgens 'n onlangse berig op BBC het die Verenigde Koninkryk se statistiekekantoor ontdek meer as 2 500 items op supermarkrakke het in die afgelope vyf jaar in grootte of gewig verminder.
Hier is dit dalk nie 2 500 produkte nie, maar as jy eers begin kyk, sal jy vinnig 'n paar veranderinge sien.
Oral om jou word produkte ligter, dunner en minder, maar die prys?
Wel, dit bly – as jy gelukkig is –dieselfde, al betaal jy inderwaarheid meer daarvoor.
Hier is twee voorbeelde: 'n Studie van 15 ontbytgraanprodukte in Amerika het bevind die inhoud van elke pakkie is verminder, wat eintlik die koste per gram verhoog.
Dan, volgens 'n verbruikerswaghond het sekere handelsmerke in die afgelope twee jaar hul toiletrolle se velletjies per rol met tot soveel as 14% verminder, glo omdat die velletjies nou só fluffy is, dit pas nie meer in die rolletjiehouer nie.
Dus betaal jy in werklikheid meer vir minder.
As jy soos ek is, maak hierdie soort slinksheid my veral die einde van die maand, wanneer ek “groot” inkopies gaan doen, redelik vies, want dink die vervaardigers regtig hulle kan ons flous?
Waarskynlik, want die gewig van 'n blikkie tuna is nie iets waarna jy sommer kyk nie. Jy besef net op 'n dag dit is nie meer genoeg vir drie toebroodjies nie - dalk twee.
Natuurlik weet ons almal hoekom dit gebeur: Die vervaardiger moet ook oorleef. Hul keuses is eenvoudig: Of hulle peuter met die bestanddele (wat kan beteken verbruikers hou dalk nie meer van die smaak nie), óf hulle maak dit duurder (en die verbruiker koop dit eenvoudig nie meer nie), óf hulle sit minder in elke pakkie of maak die verpakking kleiner en hoop vir die beste.
Daar is verskeie maniere om verpakking te krimp sodat dit lyk asof dit dieselfde volume as voorheen het, sê 'n geleerde wat eksperimente hieroor gedoen het.
Hy het bewys mense glo twee kerse – een die oorspronklike gewig en die ander 'n bietjie langer – weeg dieselfde.
Maar in werklikheid is die langer een 24% ligter. Met ander woorde jy kry amper 'n kwart minder kers vir jou kontant.
Gaan ek nog chocolates koop wat per gewig duurder is? Natuurlik.
Ek hoop net dit gebeur nie binnekort met wyn ook nie!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie