Meer geld vir soektog na Maddie McCann
Die Britse owerhede sê hulle is daartoe verbind om ‘n ondersoek na die verdwyning van die drie-jarige Madeleine McCann suksesvol af te handel.
Die soektog na Madeleine McCann, die vermiste Britse meisie wie se verdwyning in 2007 mense oor die wêreld heen aangegryp het, gaan voort nadat die Britse regering nog geld daarvoor bewillig het, berig die Daily Mail.
Volgens die koerant is die ondersoek, wat as Operasie Grange bekend staan, een van die duurste tot nog toe in dié land. Meer as £11 miljoen is reeds daaraan bestee.
Madeleine het in 2007 uit haar ouers se vakansiewoonstel in Praia da Luz in Portugal verdwyn.
Die Britse departement van binnelandse sake het Dinsdag gesê nog geld is vir Operasie Grange bewillig. Dit beloop glo £150 000.
’n Woordvoerder van die departement sê hulle is verbind tot die ondersoek.
“Ons het die polisie laat weet dat hul aansoek om ’n spesiale toelae vir Operasie Grange toegestaan is.” Speurders wou nie verdere besonderhede van die “belangrike finale fase van die ondersoek” bespreek nie.
Kate en Gerry McCann, Madeleine se ouers, sê hulle is baie dankbaar.
“Dit gee hulle hoop dat hulle eendag sal uitvind wat met hul dogter gebeur het,” sê ’n familiewoordvoerder.
Dit gee hulle hoop dat hulle eendag sal uitvind wat met hul dogter gebeur het.
Die ondersoek deur die Britse polisie het in Mei 2011 begin nadat Britse ondersoekers die Portugese ondersoek gekritiseer is.
Die Britse polisie het volgens die Daily Mail meer as 40 000 dokumente van die Portugese polisie en agt spanne private speurders nagegaan.
Meer as 600 “persone van belang” is ondersoek en plekke waar Madeleine vermoedelik raakgesien is in Brasilië, Indië, Marokko, en Paraguay, asook op ’n Duitse vliegtuig en in ’n Nieu-Seelandse supermark, is nagegaan.
As sy nog leef, sal sy vanjaar 15 jaar oud wees. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie