Meer gemak vir kinders met gestremdhede
Tanja Bause - Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het 10 ortopediese beddens van Ohorongo Cement ontvang.
Die ministerie het die beddens aan die kantoor van die visepresident se afdeling vir aangeleenthede oor gestremdhede oorhandig.
Die adjunkminister van aangeleenthede oor gestremdhede, me. Alexia Manombe-Ncube, het drie van die beddens aan begunstigdes in die Khomasstreek oorhandig.
“Ons het vyf streke gekies waar die beddens uitgedeel sal word. Dit is spesiale beddens vir mense en kinders met veral beserings van die werwelkolom of gestremdhede. Die drie begunstigdes in die Khomasstreek het almal kinders met serebrale verlamming. Die matrasse is ook waterdig en die beddens kan gestel word sodat die persoon kan sit,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie