Meer glo, kom met meer sien
As minister van finansies het mnr. Calle Schlettwein gister opnuut uiters belangrike uitsprake oor ondernemings in staatsbesit gemaak.
Ondanks ‘n reddingsboei vir die nasionale uitsaaier het hy kaalvuis onder die NBC ingeklim. Ook Air Namibia is wéér nie die roede gespaar nie.
Schlettwein het meer as een keer applous uitgelok by gister se begrotingsontbyt aangebied deur PriceWaterhouseCoopers, Standard Bank Namibia, Liberty Life Namibia en Namibia Media Holdings. Dit is ‘n moet om na die volledige opname te kyk.
Ondanks moeilike tye verdien Schlettwein krediet en hy boesem steeds meer vertroue as baie ander ministers in.
Slimmer planne vir ons ekonomie bly egter dringend noodsaaklik. Herstel sal langer neem hoe langer ons oor die planne tob. Dieselfde, meestal vae retoriek moet lyf kry.
Om wanpresterende SOE’s te kasty, is net woorde. Namibiërs is dankbaar daar is geen vet tjek vir Air Namibia nie, maar aanduidings was dat die kabinet reeds uitsluitsel oor die redery se toekoms sou gegee het. Hoe langer die besluit sloer (al is dit ‘n stemjaar) hoe groter die suggestie dat politiek se “stert” dalk weer dié “hond” kan swaai. ‘n Besluit oor Air Namibia kan Swapo inteendeel by die stembus baat?
Optrede dwing respek af; nie net woorde nie. Ons opper in die konteks weer mnr. Leon Jooste, minister van staatsondernemings, se onlangse verbintenis tot optrede teen bestuurders en direksies van SOE’s wat hul aan roekelose en onwettige optrede skuldig maak.
‘n Stemjaar hoef nie net nog ‘n praatjaar te wees nie.
So sê ander
23 Oktober 2019
Mashaba se uittog skud Goudstad én DA
Die by die dag vreemder magspel wat in die DA afspeel, gebeur op die rekening van kiesers wat hul stem aan die party toevertrou het.
Die hele petalje gaan daartoe bydra dat kiesers se reeds erg wankelende vertroue in die politieke stelsel net nóg taan.
Herman Mashaba se bedanking as burgemeester van Johannesburg is slegte nuus vir die land se grootste stad. Te midde van moeilike omstandighede kon hy ’n ingewikkelde veelpartykoalisie navigeer en stadig maar tog seker van die ANC se korrupte brouwerk begin omkeer.
Daar is talle vreemde aspekte aan sy bedanking. Hy (Mashaba) was juis omstrede oor sy aweregse standpunte teen regstellende aksie, swart bemagtiging en immigrante uit buurlande. Nou is haar (Helen Zille se) terugkeer skielik vir hom ’n onaanvaarbare “regse verskynsel”.
Hy verwys na bepaalde sensitiwiteite wat nodig is vir wat hy voorsien as ’n toename in koalisiepolitiek. Tog gaan heelwat kiesers, wat nou met die gebakte pere moet sit, deur hom en sy party versaak voel.
Dis ook vreemd en byna ongekend dat ’n prominente politikus uit ’n party bedank, daarteen uitvaar en dan word sy arm omhoog gehou deur die einste party se leier.
Of dit nou gaan oor die gekonkel van ’n wit kabaal, liberale oud-Progge, ’n swart koukus of opportunistiese beroepspolitici – die DA is vinnig ’n eerlike verduideliking aan sy ondersteuners verskuldig. Anders gaan die uitmekaarval nog vinniger momentum kry.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie