Meer glo Moody’s kan SA van stabiel verlaag
Nege ekonome glo die buurland se status gaan voor die einde van die jaar verander ná Tito Mboweni se begrotingsraamwerk vir die komende drie jaar.
Die land se swak houvas op die stabiele status van sy graderingsvooruitsig by die internasionale kredietgraderingsagentskap Moody’s lyk al wankelriger.
Bloomberg het ’n peiling onder ekonome gedoen waarvan net meer as die helfte dink Moody’s gaan die vooruitsig van stabiel na negatief verander.
Dié nege ekonome glo dié status gaan voor die einde van die jaar verander nadat Tito Mboweni Woensdag die raamwerk vir die begroting vir die komende drie jaar gee.
Hulle verwag die begroting gaan Woensdag ’n duidelike agteruitgang in die stand van die land se geldsake toon.
Dit is omdat die miljarde rande se reddingspakket vir Eskom waarskynlik die land se begrotingstekort tot sy hoogste vlak in ’n dekade gaan druk.
Die begroting word Woensdag uitgereik twee dae voordat Moody’s veronderstel is om die jongste nuus oor Suid-Afrika se kredietgradering uit te reik.
Die graderingsagentskap kan dalk net ’n navorsingsverslag uitreik sonder ’n verandering aan die stand van die gradering of niks nie.
Moody’s het op die vorige twee datums wat hy die land se kredietgradering ontleed het, niks uitgereik nie.
Die fokus gaan op die begroting wees en hoe die regering die staatskuld gaan beperk wat vinnig op pad is na die kerf van 60% van die BBP. Beleggers en die graderingsagentskappe gaan egter ook op die uitkyk wees vir nuus oor die langverwagte strukturele hervorming wat die regering moet aankondig.
Mboweni gaan na verwagting binnekort ’n hersiene weergawe van sy ekonomiese beleidsdokument uitreik wat Augustus uitgereik is wat ’n klomp stappe voorstel om ekonomiese groei ’n hupstoot te gee.
Beleggers wag ook op detail oor die planne wat maande gelede aangekondig is om Eskom in drie dele op te breek en sy honderde miljarde rande se skuldlas te herorganiseer.
“Moody’s se grootste kommer is die rigting wat strukturele hervorming inslaan,” het Danelee Masia, ’n ekonoom van Deutsche Bank, gesê. “Indien dit in werking gestel word, kan dit potensiële ekonomiese groei verhoog en die fiskale gaping stabiliseer of krimp.”
Die ander twee groot graderingsagentskappe S&P en Fitch het in 2017 die gradering op die staatskuld tot rommel verlaag.
Indien die land Moody’s se beleggingsgradering verloor, kan sy staatskuld uit belangrike indekse val soos die FTSE Wêreldindeks van Staatseffekte (WGBI). Groot beleggers soos pensioenfondse wêreldwyd gebruik dié indekse om te besluit hoeveel hulle in ’n land se staatskuld belê.
Die Internasionale Monetêre Fonds het beraam so ’n verandering gaan veroorsaak dat fondsbestuurders van oorsee omtrent $1,5 miljard (R21,9 miljard in vandag se wisselkoers) uit die land onttrek.
Moody’s het verlede maand gesê die R128 miljard reddingspakket oor die komende drie jaar vir Eskom gaan die staat se laste verhoog en die begrotingstekort vergroot. Moody’s gaan die swak fiskale maatstawwe as negatief vir die kredietgradering beskou en boonop gaan beurtkrag wat onlangs weer begin het ook druk plaas op die vooruitsig oor ekonomiese groei. “Dit verhoog die kans dat die staat nog geld vir reddingspakkette sal moet hoes,” het William Attwell, hoof van navorsing oor Afrika in Londen van die adviesgroep DuckerFrontier, gesê.
Wat beteken ’n negatiewe vooruitsig?
Dit gee ’n teken aan beleggers dat die volgende besluit oor die gradering waarskynlik afwaarts gaan wees.
As Suid-Afrika met die opvolgende kredietbesluit afgegradeer gaan word, gaan die land vir die eerste keer in 25 jaar sonder ’n beleggingsgradering wees.
Dit kan tot 18 maande neem vir ’n besluit oor die gradering om afwaarts te wees nadat die vooruitsig verander is.
Nie een van die ekonome wat aan die peiling deelgeneem het, glo Moody’s gaan vanjaar die land tot rommel afgradeer nie. Net vier het voorspel dit gaan volgende jaar gebeur.
“Wat met die gradering gebeur, gaan afhang van die regering se vermoë om fiskale konsolidasie te verseker en strukturele hervorming in werking te stel wat ekonomiese groei gaan verhoog,” het Miyelani Maluleke, ’n senior ekonoom van Absa, gesê. – Bloomberg/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie