Meer groenkrag as steenkool in die VSA
Meer groenkrag as steenkool in die VSA

Meer groenkrag as steenkool in die VSA

Bloomberg – In die duidelikste sein nog dat hernieubare energie deel van die hoofstroom geword het, het skoonenergiebronne in April vir die eerste keer meer elektrisiteit in Amerika as steenkoolkragstasies gelewer.

Hidrokrag, sonpanele en windturbines het in April byna 68,5 miljoen megawatt-uur (MWh) se elektrisiteit in Amerika gelewer, teenoor die 60 miljoen MWh van steelkool, toon inligting wat die Energie-inligtingsadministrasie Dinsdagaand uitgereik het.

Dit is die meeste skoon elektrisiteit wat Amerika tot nog toe geproduseer het, en die minste steenkoolkrag wat in jare gelewer is.

Dit dien as bewys van hoe vinnig son- en windplase oor Amerika uitgebrei het. Son- en windkrag is nou so goedkoop om te bou dat Bloomberg New Energy Finance verwag dat die helfte van die wêreld se elektrisiteit teen 2050 van hernieubare energie kan kom.

Die aantog van skoon krag kom grootliks ten koste van steenkool wat tien jaar gelede nog meer elektrisiteit in Amerika as enige ander bron gelewer het. Die steenkoolmynbedryf in Amerika is besig om ineen te stort, hoewel pres. Donald Trump probeer om dit te laat herleef deur omgewingsreëls te verwater.

Een van die hoofredes vir die minder krag van steenkool in April is roetine-instandhouding. Steenkool sal na verwagting sy posisie as tweede grootste kragvoorsiener ná aardgas in die Amerikaanse somer hervat. Dit is wanneer die kragstasies weer in bedryf gestel sal word en kragvraag toeneem soos wat Amerikaners hul lugversorgers aanskakel.

Selfs teen 2028 sal hidro-, wind-, son- en biomassakrag steeds ’n kleiner totale voetspoor in Amerika as steenkool hê, luidens ’n verslag van Fitch.

Die tendens is egter duidelik: Hernieubare energie sal weer oor die komende maande steenkool verbysteek namate al hoe meer wind- en sonkragaanlegte in bedryf gestel word.

· Michael Bloomberg, stigter en meerderheidsaandeelhouer van Bloomberg, het $500 miljoen belowe vir die stigting van Beyond Carbon, ’n veldtog met die doel om teen 2030 die oorblywende steenkoolkragstasies in Amerika te sluit en om die bou van nuwe aardgaskragstasies te verlangsaam.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!