Meer kaartjies vir 'deel 2' van Camp Rock beskikbaar
Ingevolge fase 4 van die inperking wat onlangs in werking getree het, sal The River Rocks, die Camp Rock-musiekfees se baba wat tussen 3 en 5 Julie by die plaas Steinheim 45 km wes van Windhoek plaasvind, oop wees vir meer musiekliefhebbers as wat vroeër aangekondig is.
Aanvanklik sou slegs 50 mense per dag die geleentheid kon bywoon, maar danksy die inperkingsregulasies wat verslap is, kan die geleentheid nou 250 mense akkommodeer.
Dié geleentheid is 'n poging om die plaaslike toerismebedryf te ondersteun, asook plaaslike kunstenaars wat sonder 'n inkomste gelaat is deur die Covid-19-pandemie en die gevolglike inperking.
Me. Evane Storbeck, die gesig agter die geleentheid, sê daar is nog kaartjies beskikbaar.
Pak jou warm baadjie, 'n fles koffie en jou tent en maak gereed vir 'n naweek van goeie geselskap en topklas trots-Namibiese vermaak.
Kaartjies kos N$500 per persoon vir twee nagte of N$300 per persoon vir een nag en is op PayBuddy beskikbaar. Dit is N$200 per kar vir die 4x4-roete. Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom.
Vir meer inligting, stuur 'n e-pos na [email protected] of besoek Camping in Namibia se Facebook-blad.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie