Meer kleinvee en rasse, minder telers
Meer kleinvee en rasse, minder telers

Meer kleinvee en rasse, minder telers

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Altesaam 1 126 stuks kleinvee van 41 telers sal vanjaar by die Windhoek Skou vertoon word, terwyl die Van Rooys ook sy nasionale kampioenskappe sal aanbied.

Dit is minder telers, maar effens meer kleinvee en een ras méér wat ingeskryf het vergeleke die vorige jare. Verlede jaar het 45 telers 1 111 stuks kleinvee ingeskryf, terwyl daar in 2016 altesaam 54 telers 1 440 stuks kleinvee uit 11 rasse ingeskryf is.

Buiten vir die Van Rooy, sluit die 12 kleinveerasse wat vanjaar vertoon sal word Boerbokke, Kalahari Reds, Savanna- en inheemse bokke, Damara-, Persie-, Dorper, Witdorper-, Veldmaster-, Meatmaster- en Gellaperskaap.

Hennie Kruger, hoof van die vee-afdeling by Windhoek Skou, het vroeër gesê voorheen is daar al tot 2 000 stuks kleinvee ingeskryf, maar die kleiner getal inskrywings onder die kleinveetelers word nie as ’n probleem beskou nie.

Altesaam 293 stuks kleinvee sal ook tydens die veiling onder die hamer kom, terwyl 109 vir die slaglamkompetisie ingeskryf is.

Die skou begin op Vrydag en duur tot volgende Saterdag.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!