Meer miljardu00ears in 2017
Meer miljardu00ears in 2017

Meer miljardêrs in 2017

Die welvaart van die rykste mense het verlede jaar toegeneem en opnuut die gaping tussen ryk en arm in die kollig geplaas.
Die wêreldekonomie het verlede jaar ’n rekordgetal nuwe miljardêrs geskep.

Dit het egter ongelykheid verskerp te midde van swakker regte van werkers en ’n strewe deur maatskappye om opbrengste aan aandeelhouers te verhoog, sê die liefdadigheidsorganisasie Oxfam International in ’n verslag.

Die wêreld het nou 2 043 miljardêrs, nadat daar verlede jaar elke tweede dag ’n nuwe een geskep is, wys die organisasie se verslag.

Die groep – wat meestal uit mans bestaan – se welvaart het met US$762 miljard gestyg. Volgens Oxfam is dit genoeg geld om die bedrag wat nodig is om uiterste armoede tot ’n einde te bring, meer as sewe keer te kan betaal.

Bloomberg het sy eie statistieke saamgestel wat wys die rykdom van die wêreld se rykste 500 miljardêrs het met 24% tot US$5 380 miljard in 2017 gestyg.

Die wêreld se rykste persoon – Jeff Bezos van Amazon.com, se fortuin het met US$33,7 miljard gegroei.

“Die toename van miljardêrs is nie ’n teken van ’n florerende ekonomie nie, maar ’n simptoom van ’n ekonomiese stelsel wat misluk,” sê Winnie Byanyima, uitvoerende direkteur van Oxfam.

“Die mense wat ons klere maak, ons fone aan mekaar sit en ons kos kweek word uitgebuit.”

Oxfam het die verslag op die vooraand van die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) se jaarlikse vergadering in Davos, Switserland, gepubliseer.

Oxfam sê hoewel baie van die wêreld se rykes sê hulle is bekommerd oor die toenemende ongelykheidsvlakke wanneer dit by inkomste kom, “misluk” die meeste regerings om iets aan die saak te doen.

Oxfam het ’n beroep op regerings gedoen om die hoeveelheid opbrengste wat aan aandeelhouers en direkteure betaal word te beperk, terwyl daar verseker word dat werkers ’n loon verdien waarmee hulle lewenskoste kan dek.

Die organisasie beveel ook aan dat daar nie ’n verskil moet wees tussen wat mans en vroue verdien nie en dat rykes meer belasting moet betaal.

“Mense is reg vir verandering,” sê Byanyima.

“Hulle wil ’n einde sien aan die mag en rykdom wat in die hande van enkelinge is.” – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!