Meer oor FIRE en 'frugalistas'
Meer oor FIRE en 'frugalistas'

Meer oor FIRE en 'frugalistas'

[email protected]
Gerine Hoff
Ek kyk vroeër die week hoogtepunte op BBC se nuusbrief en kom toe op 'n video af met die titel FIRE. Die onderhoudsvoerder gesels met jong paartjies terwyl die mooiste “vakansie”-grepe in die agtergrond speel. Natuurlik, met my wanderlust wat hoogty vier, maar omdat ons nie regtig in hierdie stadium iewers eksoties kan gaan nie, moet ek my reislus deur ander mense uitleef.

Terwyl ek kyk, besef ek die onderhoud gaan eintlik glad nie oor mooi bestemmings en reis nie, dit gaan oor 'n klomp mense wat vroeg afgetree het. Soos hulle is in hulle vroeë dertigs.

Maar hoe?

Dis juis waaroor FIRE (Financial Independence, Retire Early) gaan. En dit klink hemels.

Ek het onmiddellik na meer inligting begin soek, want wie wil dan nou nie al in jou dertigs aftree nie !?

Volgens Wikipedia, is FIRE 'n leefstylbeweging met die doel om finansiële onafhanklikheid te bekom en vroeg af te tree. Dit het 'n dekade gelede veral onder millennials gewild geraak, en deur aanlyn gemeenskappe wat inligting in blogs, podsendings en besprekingsforums deel, baie mense se lewens verander.

Dit werk so: Diegene wat vroeg wil aftree, spaar soveel as wat hulle kan deur maniere te vind om hul inkomste te verhoog en/of uitgawes drasties te verlaag. Die doel is om bates bymekaar te maak totdat die passiewe inkomste wat daaruit voortspruit, genoeg is om jou lewenskoste te dra.

FIRE word bereik deur super-aggressiewe besparing, eintlik veel meer as die gewone 10% to 15% wat tipies deur finansiële beplanners aanbeveel word. Basies, as jy 10% oor nege jaar spaar, sal jy een jaar se lewenskostes kan dek, maar as jy 25% spaar, sal dit jou 'n veel korter drie jaar neem om vir 'n jaar se lewenskostes te spaar. Spaar jy 50%, verander die sommetjie na 'n jaar, en as jy 75% spaar, sal dit jou nét vier maande se werk kos om vir 'n jaar se lewensuitgawes te spaar.

Uit hierdie sommetjie kan jy tot die gevolgtrekking kom dat die tyd tot jou aftrede aansienlik afneem namate jy spaar.

Mense wat die FIRE beginsel toepas sê daar is drie dele van die legkaart: “Lean FIRE” verwys na die vermoë om vroeg af te tree, maar met beperkte lewensuitgawes wat 'n spaarsamige leefstyl met jou aftrede sal vereis. Aan die teenoorgestelde punt van die spektrum, is “Fat FIRE”, wat verwys na die vermoë om vroeg af te tree te danke aan baie opgehoopte en passiewe inkomste sonder om enigsins bekommerd te wees oor jou lewenskoste wanneer jy aftree. Tussen dié twee pole is daar “Barista FIRE”, wat verwys na 'n semi-afgetrede leefstyl waarin jy deeltyds werk vir 'n aanvullende inkomste, of om heeltemal af te tree terwyl jou lewensmaat aanhou werk.

Natuurlik verg dit geld om geld te maak, so hierdie beginsel is beslis makliker gesê as gedaan. Dit hang seker ook af hoe graag jy vroeg wil aftree. Maar hoe om te begin? Dalk moet jy 'n “frugalista” word. . . Google maar vir meer daaroor!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!