Meer selfoon-verbindings as mense
Volgens Ericsson is daar nou meer as agt miljard verbindings teenoor 'n totale wêreldbevolking van nagenoeg 7,5 miljard.
Petrus Malherbe - Oraloor die wêreld is daar nou meer mobiele subskripsies as mense, het die Sweedse tegnologiemaatskappy Ericsson in sy jongste verslag oor die stand van dié bedryf bevind.
'n Mobiele subskripsie verwys na 'n intekening op (of verbinding aan) 'n selfoonnetwerk.
Volgens Ericsson is daar nou meer as agt miljard sulke verbindings teenoor 'n totale wêreldbevolking van nagenoeg 7,5 miljard.
Verskeie lande, waaronder Suid-Afrika, het ook meer mobiele subskripsies as sy totale bevolking.
Dit is omdat daar verskeie onaktiewe subskripsies is (met ander woorde 'n simkaart is gekoop en geaktiveer maar word nie meer gebruik nie) en ook mense wat meer as een toestel besit. Party mense gebruik ook 'n verskillende simkaart (dus 'n verskillende subskripsie) vir verskillende doeleindes, soos stemoproepe en data.
In die drie maande tot einde September het die wêreld 61 miljoen nuwe subskripsies bygekry.
Verreweg die meeste daarvan was in China waar die aantal subskripsies as persentasie van die bevolking reeds op 114% staan. Dit beteken daar is heelwat meer subskripsies daar as wat daar mense is.
In Afrika beloop dié syfer 82%, wat beteken 'n groot deel van die bevolking op die vasteland beskik nog nie oor 'n mobiele subskripsie of 'n selfoon nie.
Toekoms van 5G
Ericsson het ook sy hand aan 'n toekomsvoorspelling gewaag. Volgens die maatskappy se navorsing gaan die aantal aktiewe 5G-verbindings tussen vanjaar en 2025 eksponensieel toeneem van sowat 13 miljoen tot meer as 2,6 miljard.
5G sal egter steeds nie in die volgende vyf jaar 4G (oftewel LTE) van sy troon kan stamp nie. 4G sal steeds die dominante manier wees waarop selfone aan netwerke verbind.
Outydse tegnologie soos 2G en 3G sal ook steeds 'n houvas hê in die mark, veral in afgeleë gebiede waar die dekking van 4G en 5G wisselvallig is.
Die verwagting is wel dat meer as 90% van die wêreld se bevolking teen 2025 toegang tot 4G sal hê. Dié syfer is tans om en by 75%.
MTN en Vodacom bied 4G-dekking reeds aan meer as 90% van Suid-Afrikaners.
In veral die res van Afrika is 4G-dekking nog betreklik skaars vergeleke met 3G en 2G.
Waar 5G-dekking op minder as 1% gereken word, verwag Ericsson dat tot 65% van die wêreldbevolking teen 2025 daartoe toegang sal hê.
Danksy die blitsvinnige internetspoed wat 5G aan mobiele gebruikers bied, word daar verwag dat 160 eksagreep data per maand oor selfoonnetwerke gestuur gaan word.
Een eksagreep is gelykstaande aan 'n miljoen teragreep.
Tans word daar sowat 38 eksagreep data per maand oor selfoonnetwerke gestuur.
Die meeste data word gebruik om video's te kyk, gevolg deur sosiale media. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie