Meer skryf, meer kan verder studeer
Vanjaar kwalifiseer 12,7% met ‘n C-simbool of beter vir studies aan ‘n instelling van hoër onderrig wat die sertifikaat aanvaar.
Henriette Lamprecht
Meer as 8 800 en wel 8 817 van verlede jaar se graad 11 gewone vlak-kandidate het gekwalifiseer om vanjaar vir graad 12 (gevorderde vlak) in te val. In 2020 was dit 5 007.
Met ‘n styging van 36,8% teenoor 2020 kwalifiseer 12,7% van verlede jaar se voltydse kandidate vir die graad 11 (Namibië Senior Sekondêre Sertifikaat Gewone Vlak – NSSCO)-eksamen met ‘n C-simbool of beter vir studies aan ‘n instelling van hoër onderrig wat die sertifikaat aanvaar. In 2020 het 24,1% leerlinge gekwalifiseer. In 2021 kwalifiseer 19,4% meer kandidate met ‘n D-simbool of beter in Engels.
‘n Totaal van 46 977 voltydse kandidate het die eksamen afgelê, ‘n styging van 25 329 leerlinge en wel 53,9% meer as in 2020.
Die deeltydse kandidate was 7 348.
Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna Nghipondoka, het tydens die aankondiging van die uitslae van die graad 11 (Namibië Senior Sekondêre Sertifikaat Gewone Vlak/NSSCO) Vrydag gesê 12,7% meer voltydse kandidate as in 2020 het met ’n C of beter simbool gekwalifiseer om by instellings van hoër onderrig te gaan studeer wat die NSSCO aanvaar. Byna 20% meer kandidate het met ’n D of beter simbool in Engels gekwalifiseer as in 2020.
Vanjaar het Khomas stof in die oë van die res van die land se streke geskop en spog met 12 uit die 20 topkandidate. Dit word gevolg deur Erongo met vier presteerders, Kavango-Oos met twee en Hardap en Oshikoto met een elk.
Volgens Nghipondoka is dit ‘n bewys dat die ministerie daarin geslaag het om toegang te verbreed en vordering tot die senior sekondêre vlak en ‘n verhoogde voltooiingskoers.
Die minister het erken die hersiende leerplan het grootskaalse veranderinge in die land se onderrigstelsel teweeg gebring. Volgens die ou leerplan het leerlinge die Junior Sekondêre Nasionale Eksamens afgelê met suksesvolle kandidate wat aan die einde van graad 10 ‘n Junior Sekondêre Sertifikaat ontvang het. Leerlinge wat nie die vereiste 23 punte behaal het nie om na die volgende graad te vorder, het dikwels die formele skoolstelsel verlaat en moes by deeltydse sentrums hul punte verhoog om weer tot formele onderrig toegelaat te word.
“Dié leerlinge was baie jonk (tussen 15 en 16) om skool te verlaat en moet langer in skole gehou word om hul formele onderrig te voltooi. Die sertifikaat is ook nie meer ‘n vereiste vir indiensneming of vir die meeste kwalifiserende kursusse by tersiêre instellings nie en het geen waarde meer vir die kandidate ná skool nie,” het sy verduidelik.
Met verwysing na vanjaar se uitslae wat later as gewoonlik bekend gemaak is, het die minister dit voor die deur gelê van die ministerie wat gedwing was om die wintervakansie te verleng weens die toename in gevalle van die Delta-variant, die gevolglike wysiging van die skoolkalender en die nasionale eksamens en die uitlek van vraestelle verlede jaar.
Bykomende bronne moes beskikbaar gestel word om die uitslae betyds vry te stel, wat volgens haar ingesluit het ‘n verhoging in die aantal merkers en die vermindering in die aantal dae vir merk.
Die herdruk en verspreiding van vraestelle het die ministerie meer as N$15 in direkte plus verskuilde koste op nasionale vlak uit die sak gejaag. Die sluit die uitgawes van onderwysdirektorate op streeksvlak uit.
Met verwysing na simbole behaal sê Nghipondoka na rekenaarstudies waarin kandidate die beste gevaar het, gevolg deur wiskunde, wetenskap en maatskaplike studies. Meer as 50% het ‘n C-simbool en beter in eerste tale behaal, met 99,6% wat ‘n simbool hiervoor verwerf het. Portugees as vreemde taal het ander tale uitgestof, met meer as 87% wat A- tot C-simbole behaal het.
Khomas vaar die beste met prestasies in Engels Tweede Taal, Wiskunde, Chemie, Fisika, Biologie en Landbouwetenskap. Drie streke – Omaheke, Kunene en Zambezi – is egter nie onder enige van die plekke wat simbole vir dié vakke behaal het nie.
Vanjaar se top vyfpresteerders is Enobong Akpabio (sekondêre skool Juuso Shikongo – Oshikoto), Hendrik Smit (Private skool Walvisbaai – Erongo), Mia van Wyk (Private skool Walvisbaai – Erongo), Taro Samuelson (Windhoek Gimnasium – Khomas) en Max Feilmeier (sekondêre skool Delta – Khomas). – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie