Meer slange in hoofstad ná goeie reën
Na raming sterf tussen 4 000 en 30 000 mense per jaar net in Afrika suid van die Sahara weens slangbyte.
Elvira Hattingh – Pofadders en sebraslange is die twee slangsoorte wat die meeste in Windhoek aangemeld word.
Boonop maak hulle glo hul verskyning meer dikwels ná goeie reënneerslae.
Die Namibiese navorsers Morgan Lindo Hauptfleisch, Ignatius Nyangana Sikongo en Francois Theart het onlangs 'n navorsingsartikel gepubliseer, waarvolgens hulle vasgestel het die meeste slange word in Januarie in die hoofstad gerapporteer.
Die navorsers het data oor aanmeldings van slange in die hoofstad oor drie jaar ondersoek om moontlike tendense te probeer identifiseer.
SOORTE
Tussen Augustus 2015 en Julie 2018 is daar onder meer 509 slange uit 17 spesies by huise, werksplekke en in tuine in Windhoek verwyder.
Pofadders (Bitis arietans) en sebraslange (Naja nigricincta nigricincta) is die meeste kere verwyder, met eersgenoemde wat 32% van die syfer opgemaak het, gevolg deur sebraslange met 27%.
Die navorsers sê die gewone bruin huisslang (Boaedon capensis) is in 11% van die gevalle aangetref, gevolg deur die boomslang (Dispholidus typus viridis) met 10%.
Die aantal pofadders wat aangemeld is, het 'n sterk verbintenis met die totale maandelikse reënneerslae getoon, terwyl sebraslange ook 'n matige positiewe verhouding met reënneerslae getoon het.
WAAR, WANNEER
Die meeste slange (18%) is in Januarie aangemeld as die data oor die drie jaar gekombineer word.
Die rapportering van slange was die hoogste in die oostelike en suidelike, meer gegoede woonbuurte van die stad. Dit is vermoedelik vanweë die feit dat mense hul tuine natmaak en groter ruimte tussen geboue het.
Die navorsers sê hulle kon nie in die studie vasstel of almal in die stad slange ewe getrou aanmeld nie.
Alhoewel in 76% van die gevalle giftige slange aangemeld is, is geen slangbyte in die tyd gerapporteer nie.
Dis 'n bekende feit dat wilde diere aangetrokke tot stede is, maar dit lei dikwels tot konflik met mense, meen die navorsers.
“Toevallige ontmoetings tussen slange en mense op dorpe of in stede is 'n probleem wat Windhoek met talle stede oraloor die wêreld deel. Wêreldwyd lei dit daartoe dat mense deur slange gepik word – 'n ernstige, dog afgeskeepte probleem, volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO).
“Na raming sterf tussen 4 000 en 30 000 mense per jaar net in Afrika suid van die Sahara weens slangbyte.
“Die feit dat die hoofstad deur plase en die natuur omring is, beteken slange word gereeld binne en rondom huise, in tuine en werksplekke gevind,” het die navorsers geskryf.
– [email protected]
FOTO
Pofadders (Bitis arietans) is die slang wat die mees algemeen in Windhoek aangemeld word. FOTO PIXABAY

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie