Meer sorg by wedrenne belowe
Meer sorg by wedrenne belowe

Meer sorg by wedrenne belowe

Perderesies
Bestuurslede van die Namibiese Perderesiesvereniging (NHRA) het onlangs agter geslote deure met die Namibiese Sportkommissie oor die pad vorentoe beraadslaag.

Dit is bekend dat die Namibiese Dierebeskermingsvereniging (DBV) verlede jaar bekommernis uitgespreek het dat hoë standaarde van veiligheid van perde nie deurentyd tydens alle wedrenne van die Perderesiesvereniging gehandhaaf word nie.

Die Sportkommissie se hoofadministrateur, mnr. Freddy Mwiya, het agterna gesê hy is oortuig dat die NHRA positiewe planne het om voortaan die vinger op die pols te hou.

“Hulle het gewys hulle het die begeerte om hul bedrywighede op ’n hoë standaard te hou en verbeteringe aan te bring om die sport na hoër vlakke te neem,” het Mwiya gesê.

Die Perderesiesvereniging se nuut verkose president, mnr. Marthinus de Waal, het aangedui dat meer sorg geneem sal word om te verseker dat perde-eienaars voldoen aan vereistes dat perde veilig vervoer, op- en afgelaai word. Reëlings sal ook getref word vir veeartse by elke perdebyeenkoms wat ondersoeke kan doen om enige beseerde perd te onttrek en te behandel.

“Ons vergaderings was produktief en ons beoog om voortaan deurlopende kontak met die DBV te behou. Die DBV se eise is nie onredelik of onmoontlik nie en ons sal vanjaar daaraan gehoor gee. Ons beoog om goeie verhoudinge met alle rolspelers te behou.”

• De Waal is die NHRA se president wat by die algemene jaarvergadering van November verlede jaar in die plek van sy voorganger Seretse Olibile verkies is.

Die res van sy bestuur is Mannes Hendricks (visepresident), John Wellmann (sekretaris), Sweaty Zamuee (tesourier), Nickey Angermund (ontwikkelingsbeampte) en die bykomende lede Lefa Nguasena en Ewaldt Zuma Kavirombo.

• Een van die komende seisoen se eerste groot perdewedrenbyeenkomste sal op 30 Maart by die Kobos-resiesbaan aangebied word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!