Meer spelers, sterker kompetisie onder juniors

Organiseerders is in hul skik met die groei in getalle wat in junior tennistoernooie ondervind word.
Andrew Poolman
Die Namibiese Tennisvereniging (NTA) se T02 junior toernooi is die afgelope naweek in Windhoek aangebied.

Bane by altesame vier venues is gebruik (DTS, SKW, Nampol en die Sentraal-klub in Olympia) om die altesame 91 inskrywings te hanteer. Vanweë dié grootste getal in onlangse jare is altesame 161 enkelspelwedstryde gespeel.

In die seuns onder 10-kategorie het byvoorbeeld 15 spelers ingeskryf. Johan Theron het hierdie kompetisie oorheers deur vyf wedstryde op 'n streep te wen en die goue medalje te verower.

Die meisies o.12-klas is deur Ayanda Basson gewen, wat vir Karla Terblanche in die finaal met 6-1, 6-4 geklop het.

Daar was 'n paar verrassings by die seuns o.12, met Lian Kuhn wat hom in 'n taai semifinaal teen Abraham Alemu vasgeloop het (6-7, 7-5, 10-2) voordat hy oorleef het om na die ­eindstryd teen Ruben Yssel te vorder. Yssel het egter die goue medalje verseker deur met 6-3, 6-4 te wen.

In die seuns o.14-finaal het Adam Diggle geseëvier deur Oliver Leicher met 6-3, 7-6 (7-1) te klop.

Hendrina Apollus was 'n oortuigende wenner by die meisies o.16 deur al haar wedstryde in die rondomtalie te wen.

Raica Coelho was ewe sterk in die meisies o.14-groep en het in vier wedstryde net twee potte afgestaan vir 'n oortuigende sege, met Sytisha Goagoses as die naaswenner.

Daar was 'n paar harde wedstryde tussen die o.16-seuns. Die tweede gekeurde Daneel van der Walt is in die kwarteindronde deur 'n vasberade Johannes Swart uitgeskakel (6-4, 3-6, 10-3).

Die topgekeurde George Louw het ook in sy kwarteindstryd opdraand gekry voordat hy Dian Calitz met 7-6, 3-6, 10-8 kon uitskakel. Louw het in die finaal sy gesag afgedwing teen Swart om met 6-1, 6-2 te wen en die goud in te palm.

Die meisies o.18 se wenner is bepaal in die finaal waar Lisa Yssel van agter moes terugveg om Megan Lombard met 1-6, 6-1, 6-2 onder te kry.

Die volledige eindposisies was soos volg:

Onder 10 meisies: 1 Elrica Nakusera, 2 Liha Tromp, 3 Linda Alemu.

Onder 10 seuns: 1 Johan Theron,

2 Markus van Heerden, 3 Samuel Lagvardi. Dubbelspel: 1 Johan Theron / Samuel Lagvardi, 2 Micah Chase / Charlton Adams.

Onder 12 meisies: 1 Ayanda Basson, 2 Karla Terblanche, 3 Joanivia ­Bezuidenhout. Dubbelspel: 1 Joanivia Bezuidenhout/Clara Roets, 2 Santie van der Walt/Karla Terblanche.

Onder 12 seuns: 1 Ruben Yssel, 2 Abraham Alemu, 3 Lian Kuhn. ­Dubbelspel: 1 Ruben Yssel/Abraham Alemu. 2 Lian Kuhn/Brian Edwards.

Onder 14 meisies: 1 Raica Coelho, 2 Sytisha Goagoses, 3 Dominique Theron. Dubbelspel: 1 Raica Coelho/Dominique Theron, 2 Sytisha Goagoses/Lucinda Botes.

Onder 14 seuns: 1 Adam Diggle,

2 Oliver Leicher, 3 Juan Kuhn. ­Dubbelspel: 1 Adam Diggle/Oliver Leicher. 2 Joel Hiveluah/Ruan Calitz.

Onder 16 meisies: 1 ­Hendrina Apollus, 2 Larushka Kruger,

3: ­Brumelda Brandt. Dubbelspel:

1 ­Larushka Kruger/Hendrina Apollus, 2 Eila Kambonde/­Brumelda Brandt.

Onder 16 seuns: 1 George Louw, 2 Johannes Swart, 3 Dian Calitz. Doubles: 1 George Louw/Daneel van der Walt, 2 Albertus Brinkman/­Johannes Swart.

Onder 18 meisies: 1 Lisa Yssel,

2 Megan Lombardt, 3 Nicola ­Nitschke. Doubles: 1 Megan ­Lombardt/Lisa Yssel, 2 Vimbayi Musavengana/Nicola Nitschke.

Onder 18 seuns: 1 Lorenzo, 2 Dylan Izaaks, 3 Ethan Mouton. ­Dubbelspel: 1 Lorenzo/Frans Mwulandange, 2 Tristan Bezuidenhout/Marcos Simoes.

• Die volgende nasionale toernooi is die T03 Sanlam NTA junior toernooi op 3 en 4 April in Windhoek. Enige navrae kan aan [email protected] gerig word.

Kommentaar

Republikein 2025-04-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer