Meer spoed, minder rompslomp
Meer spoed, minder rompslomp

Meer spoed, minder rompslomp

Dani Booysen
Dit was onvermydelik dat die regering die kapitaalkrane weer moes oopdraai.

Om werkskepping en groei te bevorder, het mnr. Calle Schlettwein gister as minister van finansies in sy begrotingsrede verduidelik.

Die ontwikkelingsbegroting van N$7,9 miljard is effens meer as die kapitale besteding van N$7,8 miljard wat verlede jaar reeds vir 2019-'20 in die vooruitsig gestel is. Die besteding is broodnodig, veral ná verlede jaar tot op die been gesny is, maar Schlettwein het die private sektor opnuut uitgedaag om ook meer tot groei en vooruitgang by te dra.

Schlettwein het gesê die verdere, aggressiewe aangaan van skuld is onvolhoubaar. Met van die regering se nuwe belastingsplanne is daar opnuut rem aangedraai weens moontlike negatiewe gevolge.

Een van die minister se belangrikste boodskappe was dat sloerdery en rompslomp alle goeie intensies kan ontspoor. Hy het weer die verkrygingsraad (CPBN) voor stok gekry om tenders vinniger deur te voer.

'n Groot deel van die nuwe begroting se toets sal in uitvoeringstempo lê, veral om negatiewe groei in 'n positiewe syfer te omskep.

'n Plan om 25% van konstruksiewerk met geld van die Afrika Ontwikkelingsbank (AfDB) in Namibiese hande te plaas, is 'n onderneming wat die plaaslike bedryf nougeset sal moet monitor. Dieselfde geld vir die algemene nadruk op meer plaas­like aankope.

Die belegging van byna N$500 miljoen in watersekuriteit strook met voorsienigheid oor weerpatrone. Nog N$15 miljoen is vir jeugentrepreneurs bewillig – ook 'n goeie sein, hoewel hierdie totale belegging beslis groter as N$25 miljoen kan wees.





So sê ander

27 Maart 2019



Beeld sê



Die regering se besluit om sowat 52 000 studente se studiegeld van bykans R1 miljard te delg, sal veral ten regte deur twee groepe studente­ verwelkom word.

Hulle is diegene wat werklik volgens verdienste studeer, maar nie die studiegeld kan bekostig nie; asook studente wat graag op hul studies wil fokus, 'n stabiele kampusomgewing daarvoor nodig het en hoop dat voortdurende ontwrigting nou tot 'n einde sal kom.

Sedert oudpres. Jacob Zuma as deel van die politiekery in die ANC gratis hoër onderwys aangekondig het, is die land se studente en veral die arm studente niks meer nie as politieke speelballe.

Dit wil ongelukkig voorkom asof Naledi Pandor, minister van hoër onderwys en opleiding, se jongste skulddelging 'n ad hoc-reaksie is om gemoedere te probeer kalmeer. Daar is geen teken van 'n behoorlike plan om die land se hoëronderwysbehoeftes en -verwagtinge sinvol rigting te gee en te beplan nie.

Haar enigste noemenswaardige stap was om die universiteitstoelatingsvereistes tot druipvlak te verlaag. Dit dra by tot 'n verdere teelaarde vir aspirasies wat nie verwesenlik word nie en die skep van 'n geslag van mislukking wat sukkel om vaardighede vir die arbeidsmark te bekom.

Wat nodig is, is 'n behoorlike toekomsakkoord waartoe die land se hele hoëronderwyssektor, maar ook die gemeenskap en veral studente, verbind is. 

• BEELD (NETWERK24)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!