‘Meer sterre as sand op aarde’
Namibië se dr. Japie van Zyl het onlangs ’n praatjie oor Nasa se planne met Mars en twee ander planete se mane by die kus aangebied.
Elvira Hattingh - Nasa se toekomsplanne sluit in die lansering van nog ’n teleskoop soos Hubble om die ruimte te verken, die lansering van satelliete en ’n landingstuig vir die Europa-maan asook om na lewe op Mars te soek.
Die Namibies-gebore dr. Japie van Zyl, mededirekteur van Nasa se Straalaandrywingslaboratorium (JPL) het weer ’n besoek aan sy geboorteland afgelê en ’n praatjie oor die verkenning van ons sonnestelsel op Walvisbaai aangebied.
Tydens die geleentheid het die bekroonde ruimtewetenskaplike, wat spog met onder meer die gesogte goue Nasa-toekenning vir uitstaande leierskap asook ’n eredoktorsgraad van die Universiteit van Stellenbosch, onder meer oor Nasa se Mars-verkennings gepraat.
Hy sê die ruimte is ’n groot plek om te verken en dat meer sterre in die hemelruim as sand op die aarde voorkom.
CURIOSITY
Van Zyl sê as hy ’n hoogtepunt in sy loopbaan móét uitsonder, is dit die suksesse van die Curiosity-sending.
Van Zyl en sy span het op 6 Augustus 2012 groot opslae gemaak nadat dié verkenningstuig suksesvol op die rooi planeet geland het met die doel om vas te stel of toestande op Mars ooit van so aard was dat dit lewe sou kon onderhou.
Tydens sy praatjie by die kus het hy ’n video vertoon van toe Curiosity op Mars onder die toejuiging van Nasa-personeel geland het. Hy het gesê die eerste twee verkenningstuie is in 2004 na Mars gestuur.
“Ons het aanvanklik vermoed die tuie se sonpanele gaan toepak onder die stof, wat sou beteken dit sou net vir 90 dae lank hou. Toe is daar egter soveel dwarrelwinde op Mars wat die panele voortdurend skoon waai, dat hulle twaalf jaar later steeds werk,” het hy gesê.
Volgens hom het die ruwe terrein van Mars reeds sy tol op Curiosity geëis, en het die tuig se aluminiumwiele al taamlik seergekry. Curiosity het tot dusver altesaam 10 km op Mars verken.
Van Zyl sê Curiosity het gou ’n antwoord op die vraag gebied of toestande vir lewe gunstig kon wees nadat dit in die Gale-krater op ’n berg genaamd Mountain Sharp op Mars geland het.
“Ons het gate in klippe geboor en vasgestel dat daar voorheen ’n meer vir sowat 10 000 jaar bestaan het. Dié water was van so aard dat mense dit sou kon drink. Ons kon dus vasstel dat toestande vir lewe gunstig was.”
Hy sê Mars se landskappe herinner sterk aan Namibië. “Ek sê altyd Mars is my ‘favourite’ planeet, want as ek sit en verlang en na foto’s daarvan kyk, herinner dit my so baie aan Namibië,” sê Van Zyl.
LEWE OP MARS?
Hy sê voorts sien hy uit na ’n nuwe hoogtepunt. “Ons probeer Nasa oortuig om ’n tipe helikopter Mars toe te stuur, onbeman natuurlik, om vas te stel of lewe wel daar bestaan het. Die plan is om die helikopter teen Maart 2020 te lanseer. Dit sal dan in November 2020 by Mars aankom,” het Van Zyl gesê.
Hy glo dat hulle tekens van bakteriese lewe in rotse op Mars sal vind. “Verskeie grotte kom op Mars voor. Ons sal van spesiale ‘gecko-tuie’ gebruik maak wat die grotte kan binnegaan en aan die sykante en dak daarvan kan hang om na lewe te soek.
EUROPA MAAN
Van Zyl sê toekomsplanne by JPL sluit in dat hulle een van Jupiter se vier mane, Europa, wil verken. “Europa is tans die mees waarskynlike plek waar lewe elders in ons sonnestelsel mag voorkom. Lewe op die aarde het ook waarskynlik in die oseaan begin.
“Ons is dink die maan huisves ’n soutoseaan van sowat 100 km diep onder ’n sneeulaag. Vergelyk dit met die aarde se oseaan wat sowat 11 km diep is! Indien Europa wel soveel water huisves, is dit twee tot drie keer meer as dié van die aarde. Ons glo ook dat dit vulkane in sy oseaan het.
“Europa is, met ’n deursnee van 3 100 km, ’n bietjie kleiner as ons eie maan, maar groter as die planeet Mercury. Dit neem Europa drie en ’n halwe dae om rondom Jupiter te wentel,” het Van Zyl gesê.
“Die plan is om ’n verkenningsatelliet teen 2022 te lanseer wat 42 keer by Europa sal verbyvlieg en dit sal karteer. Teen 2030 behoort ons dus te weet hoe Europa se oppervlak lyk.
“Tussen 2024 en 2026 wil ons moontlik ’n landingstuig vir Europa ontwerp.”
Van Zyl het gesê Titan, Saturnus se grootste maan, is ook baie interessant omdat dit riviere, vloeibare metaangas asook tekens van water het en Nasa wil in die toekoms ook ’n landingstuig vir dié maan ontwerp.
“Saturnus is egter twee miljard km ver en dit sal tans 70 jaar neem om dit te bereik,” het hy gesê.
ANDER PLANNE
Hy het ook gesê die Hubble-teleskoop sal in 2018 waarskynlik ’n maat kry as Nasa die nuwe James Webb-teleskoop lanseer, wat veel beter en duideliker foto’s as sy voorganger sal neem.
Van Zyl het gesê die meeste asteroïde wat die aarde tref of ons atmosfeer binnekom, kom van Vesta - een van die grootste voorwerpe in die asteroïedgordel.
“Dit het 'n deursnee van sowat 500 km en is 19 km diep. Vesta moes vantevore ’n harde hou gekry het, want dit is vol krake en daarom breek stukke daarvan af.”
Hy sê die Hoba-meteoriet naby Grootfontein kom nie van Vesta nie omdat dit uit nikkel bestaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie