Meer verbruikers in SA soek rooivleis
Meer verbruikers in SA soek rooivleis

Meer verbruikers in SA soek rooivleis

Goeie nuus vir plaaslike produsente is dat die verbruik van bees- en skaapvleis in Suid-Afrika oor die volgende dekade gaan styg. Wêreldwyd lyk die verwagting ook goed.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die verbruik van bees- en kalfsvleis (veal) in Suid-Afrika gaan oor die volgende tien jaar met 24% styg, terwyl die verbruik van skaapvleis as duurder opsie met 11% gaan toeneem.

Volgens die vooruitskouing van die Voedsel- en Landbouburo in Suid-Afrika, het die beperkte globale ekonomiese groei egter ’n remmende impak op die verbruik van vleis internasionaal en toon dit ’n daling.

Daarteenoor het die produksie van rooivleis internasionaal met 15% gestyg aangesien van die grootste vleisproduserende lande ná droogtes besig is om hul nasionale kuddes te herbou.

Volgens dié buro word verwag dat die wêreldvleispryse nie noemenswaardig gaan toeneem nie.

Suid-Afrika gaan egter ’n netto invoerder van vleis bly. In die kort termyn het die produksie van beesvleis in die buurland jaar-op-jaar met 8% gedaal. Die verwagting is dat dit vanjaar met 3% gaan groei en in 2019 met 8%.

Intussen is beesvleispryse in Suid-Afrika besig om nader aan die wêreldbeesvleisprys te beweeg, waar ’n toename van 4,5% oor die volgende drie jaar in die aanbod verwag word.

Wat skaapvleis betref, gaan die verwagte internasionale produksie met ’n skrale 1,4% toeneem.

Suid-Afrika bly egter ’n netto invoerder van skaapvleis en moet omtrent 5% van sy plaaslike verbruik invoer.

Die verwagting is dat die prys van lamsvleis met gemiddeld 4,7% gaan styg.

GLOBALE BEESVLEISMARK

Volgens ’n studie wat in 2015 deur Grand View Research Incorporated (www.grandviewresearch.com) gedoen is, gaan die globale beevleismark teen 2020 sowat US$2,151 miljard beloop.

Beesvleis is tans derde in die ry as dit by gewildheid onder verbruikers kom.

Volgens dié navorsing was die internasionale verbruik in 2012 altesaam 67 421 metrieke ton en gaan dit teen 2020 tot 72 931 metrieke ton styg. Dit verteenwoordig ’n saamgestelde jaarlikse groeikoers van 1,15%.

WAT SÊ MEATCO

Meatco sê in sy jongste nuusbrief die vooruitsigte vir rooivleis in die internasionale mark lyk goed.

Die vraag na rooivleis neem toe vanweë ’n toename in die aantal middelklas-verbruikers wat dit kan bekostig om beesvleis te eet.

Verbruikers se groei in besteebare inkomste en verstedeliking is die twee vernaamste faktore wat beesvleismarkte aanvuur.

Nóg ’n vraagstimulant is die feit dat beesvleis hoog in proteïen is en die wêreldbevolking toenemend meer bewus word van die waarde van diëte hoog in proteïene.

Verder speel voedselveiligheidkwessies soos probleme met die opsporing van patogene en chemiese reste in produkte soos hoender en vark ook ’n rol in die stygende vraag na beesvleis wêreldwyd.

Meatco sê die gaping tussen die vraag en aanbod van beesvleis vanweë dalende produksie as gevolg van omgewings- en politieke faktore, strem egter die internasionale beesvleismark.

Die styging in beesvleispryse in die ontwikkelde markte weens ’n beperkte aanbod uit die VSA, plaas ’n verdere stremming op dié mark

Volgens Meatco is sy buitelandse markte ekonomies stabiel en nie aan hoë inflasie uitgelewer nie. Plaaslik lyk sake anders aangesien grane weens die stygende brandstofprys duurder word.

Tog is dié vleisverwerker nie te bekommerd nie en sê hy bevind hom op ’n goeie plek aangesien sy produkte vir die plaaslike mark gemik is op verbruikers wat nie hoëwaardeprodukte kan bekostig nie.

Meatco sê hy doen vanjaar beter sover dit hierdie produkte betref en meen dit gaan voortduur aangesien pryse stabiel sal bly of sywaarts beweeg.

ASIESE MARK

Indië, China en Japan is waar die dinge gebeur. Hierdie Asiese lande domineer die globale beesvleismark vanweë stygende verbruik.

China is tans die wêreld se grootste mark vir beesvleis. Chinese verbruikers se besteebare inkomste styg, hul leefstyl verbeter en daarmee saam koop hulle duurder proteïenprodukte soos beesvleis.

Die Midde-Ooste en Afrika stoot ook hul spreekwoordelike pond vleis sover dit markaandeel betref, terwyl die verwagting is dat lande soos Brasilië en Argentinië oor die volgende paar jaar goeie groei gaan toon, sê Meatco.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!