Meer verkoop huis om te emigreer
'n Kombinasie van politieke onsekerheid en swak ekonomiese groei laat meer Suid-Afrikaners weer groener weivelde in die buiteland opsoek.
Die persentasie mense wat hul huise verkoop met die doel om hul potjie in die buiteland te gaan krap, het in die eerste kwartaal van 2017 tot 6,2% van die totale verkope geklim, blyk uit die nuutste eiendomsagente-oorsig van FNB.
Dié syfer neem al van die vierde kwartaal in 2013 geleidelik toe, toe dit 2% van die totale verkope was.
“Dit is nie ekstreem wanneer dit met die 20% in 2008 vergelyk word nie, maar die geleidelike styging bly 'n bekommernis vanuit 'n perspektief van ekonomiese vertoning,” sê John Loos, verbruiker- en eiendomstrateeg van FNB.
Dié uittog hou die gevaar in van 'n “breinkwyn” omdat hoogs geskoolde arbeid die land verlaat.
Die meeste mense wat emigreer, is die land se superrykes en juis dié wat 'n mens sou wou behou, sê Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Groep.
“Dit is die entrepreneuriese intelligensie, dié met spesiale vaardighede wat die ekonomie help groei, die meeste mense in diens neem en die meeste belasting betaal.”
Hy sonder Australië, Nieu-Seeland, Brittanje en Amerika as gesogte emigrasiebestemmings vir Suid-Afrikaners uit.
Loos sê die meer bekostigbare alternatief vir emigrasie is sogenaamde semigrasie, omdat hemelhoë eiendomswaardes in van die gewilde emigrasiebestemmings dit eenvoudig te duur maak om te verhuis. Mense wat hul huise verkoop om na ander gebiede in die land te verhuis, het in die eerste kwartaal van vanjaar 9% van die totale verkope uitgemaak. Dit is laer as die 10% in die vorige kwartaal, maar hoër as die 6%-laagtepunt in die 2008-'09-resessie.
Hy sê die gewildste semigrasie-bestemming is die Wes-Kaap. Kaapstad het die laagste persentasie huisverkopers wat na ander bestemmings in die land verhuis van 5,5% en Nelson Mandelabaai in die Oos-Kaap het die hoogste persentasie van 17,7%.
– Netwerk 24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie