Meer vrae as antwoorde oor Voortrekker se dood
Tanja Bause - Artikel 37 van die natuurbewaringsordonnansie laat volgens 'n regskenner toe dat wild gejag word om weiding, bewerkte lande en tuine te beskerm, maar dit sluit die jag van olifante, seekoeie en renosters uit.
Die ministerie van die omgewing en toerisme wil egter nie hierop kommentaar lewer en hou volg die nasionale beleid vir mens-dier-konflikbestuur is gevolg.
Die jag van Namibië se ikoniese ou olifantbul, Voortrekker, verlede week Dinsdag vir ’n skrale N$120 000 het tot 'n opskudding onder bewaringsbewustes gelei. Hy is by Omatjete in die Noordweste geskiet ná hy deur die ministerie van omgewingsake en toerisme (MET) as ’n probleemdier verklaar is.
Voortrekker het in die laat 90’s ná sowat 60 jaar se afwesigheid van olifante in die Ugabrivier-gebied sy verskyning gemaak. Hy het die olifantkoei, Mama Afrika, se trop in 1998 na die gebied teruggelei.
Voortrekker was tot sy dood die belangrikste bul in die gebied. Hy is as die vernaamste teelbul en die bewaarder van vrede en balans in die troppe en onder die jonger bulle beskou.
Jong bulle word uit die trop geskop sodra hulle puberteit bereik. Die bulletjies skaar hulself dan by ouer bulle wat hulle touwys maak. Sonder die ouer bulle kan die jonger bulletjies handuit ruk.
Mnr. Danie Small, ’n voormalige adjunk-aanklaer-generaal, het ’n lang verklaring oor die voorval op ’n sosialemediaplatform geplaas.
“Ek onthou ’n paar jaar gelede toe gerugte versprei is dat Voortrekker ’n probleemolifant is. Die gemeenskappe van die gebied het die gerugte ontken en voorgestel ’n trofeejagter is agter die gerugte,” het hy gesê.
Volgens mnr. Johannes Haasbroek van Elephant Human Relations Aid (Ehra) het sy organisasie met die hulp van die internasionale en die plaaslike gemeenskap die permit om Voortrekker te skiet in 2008 by die MET gekoop.
“Jagondernemings en hul kliënte het die afgelope 10 jaar saamgesweer om die sagte reus as ’n probleemdier verklaar te kry sodat hulle die jag kon regverdig. Hy het nooit ’n voet verkeerd gesit nie,” het Haasbroek gesê.
Volgens Small is sowat twee weke gesê 35 olifante beskadig die boere by die Omatjete-nedersetting se infrastruktuur en hulle moet deur die regering uit die Daures-bewaringsgebied verwyder word.
“Nou hoor ons Voortrekker, die enigste bul wat as ’n waardige trofee beskou is, is geskiet. Hy is gejag sonder dat hy as die sondaar geïdentifiseer is en hy is doelbewus die sondebok vir alle probleme gemaak. MET doen hulself geen guns deur die onsamehangende verduidelikings wat nou gegee word nie. Ek dink nie die publiek kan kwalik geneem word daarvoor as hulle tot die gevolgtrekking kom is nie pluis nie,” het Small gesê.
Volgens Small laat artikel 37 van die natuurbewaringsordonnansie toe dat wild gejag word om weiding, bewerkte lande en tuine te beskerm, maar dit sluit die jag van olifante, seekoeie en renosters uit.
Hierdie artikel reguleer boonop nie die doodmaak van byvoorbeeld olifante ter verdediging van menselewens, lewende hawe of ander eiendom nie.
Artikel 36 van dieselfde ordonnansie laat slegs toe dat olifante doodgemaak word wanneer menselewens in gevaar is of om te verhoed dat iemand beseer word, of om enige lewende hawe, pluimvee of huisdier van ’n eienaar, huurder of bewoner te beskerm terwyl sy lewende hawe, pluimvee of diere se lewens bedreig word.
“Geen olifant mag dus doodgemaak word indien hy nie op daai oomblik besig is om die persoon of lewende hawe te bedreig nie.”
In die ministerie se nasionale beleid vir mens-dier-konflikbestuur van 2009 word die term probleemdier bekend gestel en daarmee saam strategieë vir beter bestuur van sulke diere.
Volgens 2018 se hersiene beleid sal strategiese wysigings aan die natuurbewaringsordonnansie, Ordonnansie 4 van 1975, gemaak word om die minister in staat te stel om ’n personeellid of personeellede verantwoordelik vir die bestuur van wildlewe en nasionale parke in die ministerie te magtig om te bepaal wanneer probleemdiere volgens aanhangsel 1 se riglyne van kant gemaak moet word.
Die gemagtigde personeellid sal verantwoordelik wees vir die besluit om ’n probleemdier van kant te maak of nie, en of die dier deur MET-personeel of ’n plaaslike bestuureenheid van kant gemaak moet word.
Die gemagtigde personeellid moet bepaal of die dier met goeie rede vernietig is.
Mnr. Romeo Muyunda, MET-woordvoerder, het by navraag gesê die ministerie gaan nie op Small se plasing kommentaar lewer nie omdat dit sy mening is.
“Ons het ’n nasionale beleid vir mens-dier-konflikbestuur en ons het daarvolgens opgetree,” het hy gesê.
“’n Onafhanklike, omvattende en deeglike ondersoek is nodig om enige twyfel te verwyder oor die wettigheid van die uitreiking van permitte wat Voortrekker se dood toegelaat het,” het Small gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie