Meer zolle weens pandemie gerol
Den Haag, Nederland – Inperkings weens Covid-19 het tot ‘n toename in aankope gelei by Nederland se gewilde koffiewinkels waar mense giggelgras kan koop.
Jy mag dalk nie in die rookkamer jou zol draai nie, maar mense rook meer dagga tuis het navorsing deur Trimbos bevind.
By die No Limit-koffiewinkel stroom mense in en uit. Voor die pandemie het gemiddeld 300 tot 350 mense die winkel besoek. Nou is dit 500 per dag.
Volgens Stephen Snelders, ‘n kenner oor die geskiedenis van dwelmgebruik, het die gebruik van tabak en opium ook toegeneem tydens groot pandemies in die verlede.
Gerard Smit, die bestuurder van ‘n ander koffiewinkel in Den Haag, sê ‘n “breinvakansie” is goed vir die stres wat die pandemie veroorsaak.
Interessante feit: Hoewel dagga sedert 1976 in beperkte hoeveelhede wettig in Nederland verkoop en gekoop kan word, is die kweek daarvan in die land steeds onwettig.
‘n Proeflopie sal eersdaags begin waarin koffiewinkels in 10 dorpe plaaslik gekweekte dagga sal verkoop. ‘n Besluit sal ná vier jaar oor die uitbreiding van die stelsel geneem word.
Storie en foto: Nampa/AFP
Lees die volledige berig hier: https://www.rfi.fr/en/covid-lifts-dutch-coffeeshop-trade-to-new-highs

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie