Meersig-tragedie: Man vermoor glo sy vrou
'n Besigheideienaar en ma van twee, me. Engela Strydom, is koelbloedig in haar huis in Meersig op Walvisbaai vermoor.
Leandrea Louw
Die Walvisbaaise gemeenskap is in skok ná die grumoord op me. Engela Strydom (48), waarin haar man 'n hoofverdagte is.
Die egpaar is op 4 Julie vanjaar getroud nadat hulle in 2019 ontmoet het.
Strydom se man het glo aanvanklik vir die polisie gesê sy het selfdood gepleeg, maar die polisie het in hul voorlopige ondersoek bevind dat dit wel moord was.
Volgens insp. Ileni Shapumba, die eenheidsbevelvoerder vir gemeenskapsake, het die voorval Donderdagaand tussen 20:00 en 21:00 by die egpaar se huis in Vaughan Websterstraat in Meersig op Walvisbaai plaasgevind.
“Daar word beweer Strydom en haar man was by 'n kuierplek in die dorp. Strydom het alleen huis toe gegaan.
Volgens haar man het hy minute later ook huis toe gegaan en het hy haar dood op die balkon met skietwonde in haar voorkop gevind. Hy het verder beweer sy het selfdood gepleeg,” het Shapumba gesê.
GLO NIE SELFDOOD
Volgens Shapumba het die polisie se voorlopige ondersoeke bewyse gevind wat nie die selfdoodteorie ondersteun nie.
“Daar word beweer die verdagte het haar van agter af in die kop geskiet.
Die vermeende moordwapen, 'n 9 mm-vuurwapen was onder 'n kussing versteek, terwyl vier leë koeëldoppies op die misdaadtoneel gevind is.”
Hoewel geen vuurwapenlisensie na bewering in die huis gevind is nie, beweer Strydom se man hy besit die vuurwapen wettiglik.
Strydom was die eienaar van Sefco Property Managers in Walvisbaai en is sedert 1994 'n eiendomsagent.
Sy was glo 'n prominente figuur in die eiendomsbedryf. Sy het studente vir die Namibia Estate Agents Board Examination help voorberei. Sy het ook verskeie agentskappe by die kus gehelp om hul besighede te begin.
“Engela Strydom help nie net ander eiendomsagente en agentskappe nie, maar is aktief in die bedryf en help haar kliënte met hul individuele behoeftes,” luidens haar maatskappy se voorwoord.
“Die motief vir die moord moet nog vasgestel word en die polisieondersoek duur voort.”
Die verdagte sal na verwagting vandag sy eerste hofverskyning op aanklag van moord saamgelees met die wet op gesinsgeweld maak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie