Meeste dokters ten gunste van inenting
Die meeste gesondheidspraktisyns (52%) het nog nie en sal ook nie ivermektien aan pasiënte voorskryf totdat nuwe navorsing hulle oortuig om dit wel te doen nie.
Henriette Lamprecht – Byna die helfte van gesondheidspraktisyns wat aan 'n opname deelgeneem het, meen inentings teen Covid-19 behoort deur wetgewing verpligtend vir alle Namibiërs te wees.
Dit volg uit 'n opname wat die Namibië Private Praktisynsforum (NPPF) onder gesondheidspraktisyns gedoen het wat gefokus het op die veiligheid en doeltreffendheid van die entstowwe teen Covid-19, die gebruik van ivermektien al dan nie, asook die gebruik van kitstoetse vir Covid. Uit die 1 720 gesondheidspraktisyns wat die vraelys ontvang het, het 406 dit voltooi, moontlik die grootste opname ooit onder gesondheidspraktisyns in die land.
Respondente het ingesluit spesialiste (9,8%), algemene praktisyns (39,8%), aptekers (19,6%), tandartse (8%), oogkundiges (6%), verpleegsters (3,1%) en sielkundiges (2,6%).
Die NPPF sê egter 'n dwangmaatreël sal “drakonies” en ongrondwetlik wees en inbreuk op basiese menseregte maak. Om mense te dwing om 'n entstof te neem, mag 'n gevaarlike presedent skep waar die regering se beheer die individu se vryheid van keuse oor hul eie liggame oorskry. Die forum ondersteun egter wel 'n ingeligte inentingsveldtog deur onder meer openbare bewusmaking en onderrig.
Met verwysing na die gebruik van ivermektien ter voorkoming van Covid, was die respondente redelik gelyk verdeel, met spesialiste wat die sterkste mening hieroor het. Net vyf stem saam, terwyl 21 verskil.
Onder dokters stem 33 en onder aptekers 19 saam dat ivermektien doeltreffend as voorkomende middel is.
Oor ivermektien in die behandeling van Covid-19 is daar volgens die opname “effens meer” ondersteuning, alhoewel spesialiste met sterk opinies die meerderheid bly wat teen die gebruik daarvan is. Die meeste gesondheidspraktisyns (52%) het nog nie en sal ook nie die middel aan pasiënte voorskryf nie totdat nuwe navorsing hulle oortuig om dit wel te doen.
Ses spesialiste het die middel geneem, terwyl 79 dokters dit eens is dat hulle dit nie sal neem nie.
Volgens die opname is daar sterk ondersteuning veral onder aptekers en spesialiste om kitstoetse meer geredelik onder die publiek beskikbaar te maak vir eie gebruik tuis en ook by besighede met 59% wat dit ondersteun.
Meer as 70% van respondente vertrou die regering se statistiek oor die getalle gevalle en sterftes, terwyl byna 30% dit min of niks vertrou nie.
OOR VERTROUE IN ENTSTOF
Volgens die opname is daar “sterk ondersteuning” dat die entstowwe beskikbaar teen Covid veilig is.
Die meeste respondente stem saam entstowwe is oor die algemeen veilig sou dit in lyn met die vervaardigers en die riglyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) bestuur word.
Tien persent reken egter die entstof is nie veilig nie. Dit sluit tien dokters, vier spesialiste en vyf aptekers in.
Die meeste respondente is dit ook eens dat die positiewe uitwerking van die entstowwe in Namibië swaarder weeg as die risiko daaraan verbonde.
Die opname wys ook “oorweldigende vertroue” dat die entstowwe mense daarvan weerhou om ernstig siek as gevolg van Covid te raak. In dié geval het 15% geen tot min vertroue dat dit wel die geval is.
Op die vraag of hulle hul pasiënte adviseer om wel die entstof te vat met dien verstande hulle is medies geskik om ingeënt te word, het byna 76% “ja” geantwoord. Byna 20% het erken hulle gee nie hul pasiënte raad oor die entstowwe nie. Dié wat hulle pasiënte aanraai om nie die entstowwe te neem nie, sluit sewe dokters, vier aptekers en drie tandartse in.
Van die redes is kommer oor die negatiewe gevolge wat nie amptelik weergegee word nie, persoonlike ervaring dat die entstowwe nie doeltreffend is om te keer dat mense ernstig siek raak nie, moontlike langtermyneffekte sowel as 'n beweerde wêreldwye sameswering oor die ernstige aard van Covid wat gedryf word deur onbekende partye met 'n bymotief.
Meer as 60% van respondente het reeds hul eerste entstof ontvang, terwyl 26% wag vir die entstof – óf wat eerste beskikbaar is óf vir hul voorkeurkeuse. Meer as 11% sê hulle is nie van plan om hulself te laat inent nie.
Oor die algemeen is gesondheidspraktisyns optimisties dat Namibië se Covid-situasie binne ses maande van nou af “ietwat beter” daar sal uitsien, hoewel 23% voel dit gaan veel erger raak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie