Meeste reëls teen Covid-19 met drie weke verleng
Henriette Lamprecht
Tuiskomtyd om die coronavirus te bekamp, is gister tot 22:00 verleng.
Jan en San Publiek wat nie noodsaaklike dienste lewer nie mag steeds eers vanaf 05:00 weer buite hul huise wees.
President Hage Geingob het die aankondiging by Staatshuis gemaak. Alle ander regulasies bly van krag tot 24 Februarie, buiten vir wysigings aan reëls vir Covid-19-begrafnisse.
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste het in die verband gesê net die veraste oorskot van persone wat buite die land weens Covid-19 gesterf het, sal na die land gerepatrieer word. Geingob self het voorgestel die gebruik van spesiale doodskiste moet ook ondersoek word.
’n Persoon wat aan Covid-19-verwante komplikasies gesterf het, kan voortaan elders begrawe word indien die familie so besluit en nie meer waar die persoon gesterf het nie.
Indien die staat nie ‘n begrafnis behartig nie, moet dit onder leiding van ‘n goedgekeurde en gesertifiseerde begrafnisondernemer geskied. Gesondheidsbeamptes sal steeds toesig hou.
Shangula het herhaal dat alle kulturele en godsdienstige gebruike uitgevoer mag word, so lank bestaande Covid-19-regulasies nagekom word. ‘n Byeenkoms mag nie langer as twee ure duur nie en die 50 toegelate begrafnisgangers sluit staatsamptenare en personeel van die begrafnisondernemer uit.
Nabye familielede word drie meter van die graf toegelaat, terwyl ander roubeklaers nie nader as tien meter mag staan nie. Afstand van ten minste twee meter moet gehandhaaf word.
Roubeklaers mag sand of blomme in die graf strooi, maar mag nie stilstaan nie en moet 1,5 van mekaar wees. Naasbestaandes mag ook die graf toegooi totdat die kis bedek is. Daarna moet gereedskap ontsmet word.
Familielede naby die graf moet volledige beskermende Covid-19-pakke dra en moet self daarvoor betaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie