Meeste SME-rolspelers skik
Meeste SME-rolspelers skik

Meeste SME-rolspelers skik

Die likwidateurs het hul summiere vonnissaak van sowat N$3,6 miljoen teen mnr. Marvin Hengari gewen.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – Die likwidateurs van die SME Bank, Bruni & McLaren, en hul regspan het nogmaals 'n oorwinning behaal in 'n saak teen sewe partye van wie vyf 'n skikkingsooreenkoms van N$140 miljoen onderteken het.

Die partye moet dié bedrag teen 11 Maart betaal.

Die hofbevel bepaal dat betaling gedoen moet word binne 60 dae vandat alle partye die ooreenkoms onderteken het. Die geld sal direk via elektroniese oorplasing in die SME Bank se rekening oorbetaal word.

Volgens die skikkingsooreenkoms sal partye wat nie kan betaal nie “gesamentlik en afsonderlik verantwoordelik wees om mekaar te help betaal om vrygespreek te word vir uitstaande rente teen 20% per jaar, bereken vanaf die wanbetaling tot die datum van die finale betaling”.

Die skikkingsooreenkoms stel dat 'n Namibiese hofbevel uitgereik is en dat dié hofbevel gebruik kan word in Zimbabwe, Suid-Afrika en enige ander land waar bates van dié partye gevind kan word. Likwidateurs word dus wetlik bemagtig om, indien hulle nie betaal word nie, ook op die partye se bates in daardie lande beslag te lê.

Volgens 'n betroubare bron het die partye geskik voordat enige van die getuies se verklarings ingedien is en is daardie persone se weergawes van gebeure nooit bekend gemaak nie.

Twee van die sewe partye het nie tot die skikkingsooreenkoms ingestem nie. Daar is reeds begin met voorbereidings vir die verhoor wat in die hoërhof in Windhoek voorlopig vir 9 Maart geskeduleer is.

Die vyf partye wat geskik het, is mnre. Enock Kamushinda, Tawanda Mumvuma, Crown Finance Corporation Ltd, Heritage Investments Holdings Ltd. en me. Chiedza Goromonzi.

Die twee partye wat op 9 Maart in die hoërhof in Windhoek sal verskyn, is mnre. Joseph Tapiwa Banda en Lyndon Gaidzanwa.


SUMMIERE VONNIS

Die likwidateurs en regspan het ook hul summiere vonnissaak van N$3,6 miljoen teen mnr. Marvin Hengari verlede week in die hoërhof in Windhoek gewen.

Die likwidateurs beweer Hengari het in 2015 via die kontantoordragmaatskappy Asset Movement Financial Services (AMFS) sowat N$3,9 miljoen bekom om eienaarskap van Quatro Investments Thirty Two CC van ene Hsiu-Mei Min te koop. Dit, terwyl die bank geen voordeel uit die transaksie getrek het nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!