Meesters met Bothma en Walter raap medaljes op

Hengel
Tielman van Lill
Tielman van Lill - 'n Stewige kontingent strand- en rotshengelaars van Namibië het vroeër vandeesmaand op Langebaan in die Wes-Kaap teen die bestes vanoor die wêreld gehengel.

Die 2019 Sportvis Wêreldspele is vanaf 9 tot 17 Februarie by nege verskillende venues verspreid oor Suid-Afrika aangebied.

Sondag 10 Februarie kon die hengelaars vir oulaas oefen voor die manne en vroue hul slag in vyf ­afdelings met strandhengel moes wys wat net tussen 13:00 en 17:00 gehou is. Die deelnemers het die Woensdag die laaste keer strand toe gestap en die prysuitdeling is die volgende dag met 'n galadinee afgesluit.

Namibië se meesterspan het hul landsvlag met hul ­silwermedalje hoog laat wapper, terwyl Jörg Walter algeheel derde as individuele meesterhengelaar geëindig het.

Nog 'n meester, Charles Bothma, kon behoorlik spog met sy bloupylstert (ook 'n rog genoem) van 32 kilogram wat die grootste vis van die kampioen­skap op Langebaan was.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer