Megabuild nou tuis op Outjo
Verskeidenheid en kliëntediens is ’n wenresep, sê nuwe bestuurder.
Die splinternuwe Pupkewitz Megabuild-tak wat in Jack Francisstraat op Outjo geleë is, het op 22 Oktober vir die eerste keer kliënte verwelkom en vier dae later amptelik geopen.
By die amptelike geleentheid was verskeie bekendes teenwoordig, insluitend die dorp se burgemeester, mnr. Samuel !Oe-Amseb, die finansiële direkteur van Pupkewitz Megabuild, mnr. Danie du Toit, Mej. Namibië, Selma Kamanya, en haar eerste prinses, Clarise van der Vyver.
Ná die feesvieringe is daar onmiddellik by die 17de Megabuild-tak in Namibië aan die werk gespring.
Mnr. Pierre Wagner, die maatskappy se kleinhandel-bedryfsbestuurder, sê dit het sowat N$10 miljoen gekos om die bestaande winkel in ’n volwaardige Megabuild te omskep, wat toerusting en voorraad op die rakke insluit.
Volgens hom is 90% van die ou winkel se werknemers ook onder die 17 personeellede wat nou daar werk en ná opleiding ken hulle al 4 800 produklyne wat nou daar beskikbaar is, asook elke item se prys.
Volgens die nuwe takbestuurder, mnr. Arthur Scholtz, kan mens reeds die ekonomiese groei sien ná die verandering van die winkel tot ’n volwaardige Megabuild-tak.
“Pupkewitz bring verskeidenheid en dit is reeds ’n aanwins vir plaaslike inwoners,” sê hy.
Scholtz, wat sê hy het op Tsumeb skoolgegaan en oraloor die land grootgeword, is positief oor die besigheid se toekoms. “Ons is veral gereed vir groot groei in die volgende jaar, en daarna van jaar tot jaar.
“Een van ons belangrikste waardes is om mense te ontwikkel,” sê die man wat self onder moes begin by Pupkewitz en die leer boontoe moes klim.
“Dit gaan hand aan hand met kliëntediens en is iets wat ons daagliks uitleef. Ons mense word ook verplaas om hulle die kans te gee om hulself te bevorder. Hier werk ’n verskeidenheid mense, insluitend werknemers wat hierheen gekom het om hulself te verbeter. Ons beoog om die beste diens te verskaf hier, in die res van die land en al die pad vorentoe,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie