Megabuild ondersteun CAN
Namibiërs moet hande vat, die stigmas rondom gesondheidskwessies breek en brûe tussen gesondheidsorg en ondersteuningsdienste bou. Dít is Pupkewitz Megabuild se leuse in die lig van die meer as 3 700 Namibiërs wat jaarliks met kanker gediagnoseer word, en waarom hulle hul gewig agter die Kankervereniging van Namibië (CAN) gegooi het. Pupkewitz Megabuild het aan die begin van die jaar met Marathon Tools ’n vennotskap aangegaan. Marathon Tools is ’n eksklusiewe handelsmerk vir toerusting wat in die winkelgroep se 17 takke landswyd verkoop word. ’n Besluit is geneem om van 1 Maart af N$30 vir elke gereedskapskis wat verkoop word, aan CAN te skenk. Die afgelope nege maande is N$35 000 op dié manier vir die vereniging ingesamel. Die geld is tydens die My Life Movember-toekennings aan CAN oorhandig.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie