Meghan se maat ‘glad nie verbaas’
Een-en-twintig jaar voor Meghan Markle (foto) se verlowing aan prins Harry was sy en ’n vriendin vir ’n somervakansie in Londen.
En soos die meeste jong toeriste aan dié wêreldstad het die 15-jarige Meghan, ’n boorling van Los Angeles in Kalifornië, en haar vriendin vir ’n foto voor die imposante Buckingham-paleis geposeer.
Min sou Meghan weet dat sy twee dekades later weer voor die dieselfde paleis sou staan – maar hierdie keer as die toekomstige lewensmaat van ’n jong man wat die vyfde aanspraakmaker op die Britse troon is.
Ninaki Priddy (36), die ander meisie in die foto wat in 1996 geneem is, sê sy is glad nie verbaas oor haar kindervriendin se verlowing aan ’n prins nie.
“Dit is asof sy dit haar hele lewe lank beplan het. Sy kry presies wat sy wil hê en Harry het daarvoor geval.”
Ninaki sê Meghan was nog altyd gefassineer deur die koninklike familie. “Sy wil prinses Diana 2.0 wees,” het sy die afgelope week aan die Britse poniekoerant The Mirror gesê.
Harry (33) en Meghan (36) het Maandag hul verlowing aangekondig en sal in Mei by die Windsor-paleis trou.
Daily Mail Online berig dat Meghan, wat voorheen getroud was, ook voor die seremonie gedoop sal word. Die Kensington-paleis het ook dié week bekend gemaak dat sy om Britse burgerskap sal aansoek doen ná haar troue. Omdat Harry die vyfde aanspraakmaker op die troon is, moes hy die toestemming van sy ouma, koningin Elizabeth II, kry om te trou.
Die prins het Meghan vroeër vandeesmaand gevra om te trou terwyl hulle by sy kothuis hoender gaargemaak het. Die paartjie sal in die St. George-kapel by die Windsor-paleis trou. Hulle beskryf hul groot dag wat aan die kom is as prettig en vreugdevol, om by hul geaardhede te pas.
Daily Mail Online berig die voormalige Suits-aktrise sal ná die troue ’n intensiewe ses maande lange toer van Brittanje onderneem om haar nuwe land te leer ken. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie