Meghan verbaas Charles toe sy begin giggel
Meghan verbaas Charles toe sy begin giggel

Meghan verbaas Charles toe sy begin giggel

Meghan, die hertogin van Sussex, het by haar en prins Harry se eerste amptelike verpligting as pasgetroude egpaar, die eerste van prins Charles se 70ste verjaardagpartytjies, onbedaarlik aan die giggel gegaan.

En dit oor ’n by wat om Harry se kop gezoem en hom gesteek het terwyl hy sy pa by ’n partytjie by Buckingham-paleis gelukgewens het, berig The Daily Mail.

Prins Charles was effe verward oor Meghan se skielike lagbui.

Hy het skynbaar nie gesien of gehoor hoe Harry die insek probeer wegklap en sê die by het hom op die oor geklits nie.

Harry, die nuwe hertog van Sussex, was besig om ’n pittige toespraak ter ere van sy pa te lewer. Hy is tydelik van stryk gebring en gesê: “Om te sê... oe, daardie by het my gekry...”

Meghan, wat ’n wit rok deur Goat en ’n hoed van Philip Treacy aangehad het, het begin giggel en haar hand oor haar mond gesit.

Meghan het aan Camilla, die hertogin van Cornwall en Charles se vrou, verduidelik wat gebeur het.

Die voorval was ironies omdat Harry pas sy pa se passie vir die bewaring van bedreigde spesies besing het.

Harry en Meghan het Charles se verjaardag gekies as hul eerste amptelike verpligting.

Dit was die eerste keer dat Meghan haar koninklike hoogheid genoem is, dat gaste voor haar moes kniebuig en sy as “Ma’am” aanspreek is.

Sowat 6 000 mense het by die paleis vir die partytjie opgedaag.

Hulle is met tee, toebroodjies en koek getrakteer ter ere van Charles se verjaardag in November.

Die jong egpaar het die afgelope twee dae by Windsor kasteel deurgebring voor hulle na die partytjie gegaan het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!