Meisie dood, 31 vredebewaarders beseer in DR-Kongo ontploffing
Gespanne toestande heers in die Demokratiese Republiek van Kongo, waar pres. Joseph Kabila se ampstermyn in Desember ten einde loop.
‘n Jong meisie is dood en 31 Indiese vredesbewaarders is gister in ‘n granaatontploffing in Goma in die oostelike deel van die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) beseer, het die Verenigde Nasies (VN) bekend gemaak.
Die meisie was agt jaar oud. Benewens die vredebewaarders is nog ‘n burgerlike ook in die ontploffing beseer, het Bilamekaso Tchagbele, ‘n inligtingsbeampte van die VN-magte in die land gesê.
Die VN-magte is aangeval terwyl hulle besig was met oefeninge en die beseerdes is na die VN se militêre hospitaal vir behandeling geneem, het hy bygevoeg.
"’n Ondersoek word nou gedoen om vas te stel waar die granaat vandaan gekom het,” het Tchagbele gesê.
Die VN-sending in die DRK het meer as 20 000 troepe om burgerlikes te beskerm en rebelle en splintergroepe te ontwapen ná twee dekades van konflik in die ooste van die land.
Die sending se troepe en polisiepersoneel kom uit 50 lande, en sluit streekmagte in. Die magte is in 1999 in die DRK ontplooi.
Die ontploffing dreig om bestaande spanning in die ooste van die DRK te verhoog, met toenemende vrese dat pres. Joseph Kabila beplan om aan die mag te klou nadat sy tweede termyn in Desember vanjaar ten einde loop.
‘n Golf dodelike botsings tussen die polisie en betogers het die land laat in September getref, toe die opposisie geëis het dat Kabila bedank. Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie