Meisiesliga vanaand uitgeklaar
Skolehokkie
Andrew Poolman - Die kampioenspan van die Khomas o.19 eerste hokkieliga vir meisies word vanaand bepaal wanneer die eerste spanne van St. Paul's-kollege en Windhoek Afrikaanse Privaatskool om sesuur by laasgenoemde se astro-baan by die Wanderers-terrein in Pionierspark slaags raak.
Voor hierdie laaste uitstaande wedstrydverpligting in die meisiesliga wat op 'n dubbelronde beslis is, staan die puntestand soos volg: PSG Windhoek Hoërskool 12, Windhoek Gimnasium 10, St. Paul 9, Windhoek Affies 2.
Vroeër is verkeerdelik berig dat die WHS-meisies wat vandeesweek in Kaapstad op toer is, reeds die Khomas-liga beklink het. In werklikheid het St. Paul 'n goeie kans om met 'n oorwinning vanaand drie ligapunte by te voeg en dus gelykop met WHS te eindig.
Inderdaad kan St. Paul die sommetjies oor doelverskille tussen hulle en WHS (onderskeidelik +7 en +6) onnodig maak indien hulle vanaand wen en minstens vier doele behaal, om sodoende 'n bonuspunt te verwerf en alleen boaan die puntelys te eindig.
'n Kenmerk van St. Paul se meisiespan is hul jeugdigheid, met verskeie van hul spanlede wat die land se nasionale o.14's en o.16's by provinsiale toere in Suid-Afrika verteenwoordig het. Die Namibiese o.16's en o.14's het onderskeidelik die brons- en silwermedaljes by hul toernooie in Bloemfontein behaal – met St. Paul wat onderskeidelik agt en drie spanlede opgelewer het.
Die meisiespanne wat in die toptwee in die Khomas-liga eindig, verwerf ook 'n loslootjie vir die begin van die uitklopfase van die nasionale eerste liga, wat ook skole van die Erongostreek insluit.
St. Paul, wat afgelope Maandag vir Windhoek Gimnasium met 3-0 geklop het, sal dus vanaand mik om laasgenoemde span uit die toptwee te druk. Khomas se twee bestes sal 'n loslootjie vir die nasionale kwarteindronde op 20 Julie hê en sal eers die naweek daarna in die semifinaal betrokke raak.
• Die Khomas eerste liga vir seuns is deur Coastal Hire WHS beklink, wat al sy wedstryde met bonuspunte gewen het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie