Meisiespanne veg vir skool se trots
Privaatskole sal na verwagtinge die 2018-toernooi oorheers.
Andrew Poolman - Die Namibiese kampioenskole in netbal word die naweek bepaal wanneer die nasionale eindtoernooi by die bane van Windhoek Gimnasium beslis word.
Wedstryde begin môre om 12:00 en die program duur tot omstreeks 20:00 onder die spreiligte voort. Vanweë eksamenverpligtinge vir graad 12 is die o.19-wedstryde eers in die laaste helfte van môre se program geskeduleer.
Saterdag hervat die program om 07:30 met die eindstryde wat om 18:00 afgehandel behoort te wees.
Verlede jaar het Auas Motors Windhoek Hoërskool se eerste span 'n onoorwonne seisoen afgesluit deur die o.19-liga in 'n spannende en dramatiese eindstryd teen PSG Windhoek Gimnasium beklink. Die ligbloues moes egter 'n agterstand inhaal voordat hulle 'n emosionele oorwinning met 25-24 behaal het.
Toe dié twee eerste spanne vanjaar in die skole se interhoër by Gimnasium ontmoet het, het die rooi-en-swartes 'n oortuigende wentelling van 61-38 opgestapel. Dit was 'n dag waarop Gimnasium elke botsing op die netbalbaan gewen het, behalwe vir die o.15C's en die gelykopwedstryd van die o.17B's.
Die Namibiese Privaatskole-organisasie (Napso) se onlangse netbaltoernooi op Walvisbaai het vir al die betrokke spanne ook waardevolle blootstelling aan taai kompetisie gegee en die verwagting is dat die staatskole komende naweek sal moet uithaal om by te bly.
Windhoek Gimnasium is nie 'n lid van Napso nie, wie se o.19-titel verlede maand deur Tsumeb Gimnasium teen die gasheerskool Walvisbaai Privaat Hoërskool ingepalm is.
Môre begin Tsumeb, Walvis en WHS in dieselfde groep en eersgenoemde twee sal op hul stukke moet wees om die ligbloues van 'n plek in die semifinaal te weerhou.
Die ander pas gekroonde Napso-hoërskoolkampioene is Pro-Ed se o.17's (wenners met een punt teen Tsumeb Gimnasium) en Tsumeb se o.15's. By die laerskole het Pro-Ed die o.13-finaal gewen en Windhoek Affies was baas by die o.12's.
'n Aanduiding van die gehalte van die talent in die senior netbalgroepe is dat Namibië se o.17-span vanjaar die silwermedalje by die Suid-Afrikaanse provinsiale toernooi in Bloemfontein verower het.
Afrigter Emsie Esterhuizen van Walvisbaai se nasionale meisies is op ietwat omstrede wyse in die finale wedstryd met een punt deur die Vrystaat geklop. Al die o.17-spanlede speel vir hul onderskeie skole se o.19 eerste spanne.
Nog 'n span om dop te hou, is Windhoek Gim se o.15's wie se lede almal die nasionale o.15's óf o.14's gehaal het.
Die groepverdeling vir die ouderdomsgroepe is soos volg:
ONDER 12: Groep A: Tsumeb Gimnasium, Pionierspark, Elnatan, Agri College, Walvisbaai PHS, Gobabis Gimnasium, Outjo Privaatskool. Groep B: Francis Galton, WAP, Ruimte, Edugate, Pro-Ed, Keetmanshoop Privaatskool.
ONDER 13: Groep A: Tsumeb Gimnasium, WAP, Elnatan, Vooruit, Pro-Ed, Moria Privaatskool. Groep B: Francis Galton, Windhoek Gimnasium, Origo, Primêre Skool Wilhelm Nortier, Walvisbaai PHS, Keetmanshoop Primêre Skool.
ONDER 15: Groep A: Tsumeb Gimnasium, WAP, Elnatan, Grootfontein, Walvisbaai PHS, P.K. de Villiers, Gobabis Gimnasium. Groep B: Etosha, Windhoek Gimnasium, M+K Gertze, Edugate, Pro-Ed, Moria.
ONDER 17: Groep A: Windhoek Gimnasium, Danie Joubert, Gobabis Gimnasium, De Duine, Grootfontein, Keetmanshoop Privaatskool. Groep B: WHS, Dr. Lemmer, Tsumeb Gimnasium, Pro-Ed, Otjiwanda.
ONDER 19: Groep A: WHS, M+K Gertze, Otjiwarongo SS, Walvisbaai PHS, Tsumeb. Groep B: Windhoek Gimnasium, Elnatan, Edugate, Dolphin.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie