Mej. Aus 'n eerste vir die klein dorpie
Mej. Aus 'n eerste vir die klein dorpie

Mej. Aus 'n eerste vir die klein dorpie

Tanja Bause
Die gemeenskap van Aus in die suide van Namibië het hul eerste skoonheidskompetisie aangebied en Venesely Boois is as die eerste Mej. Aus gekroon.

Haar eerste prinses is Maria Shimbashike, en die tweede prinses is Wilhelmina Shimbashike. Vistolina Julius is as Mej. Persoonlikheid aangewys.

Die skoonheidskompetisie het verlede Saterdag in die Primêre Skool Marmer se saal plaasgevind. Altesaam 13 jong meisies van Aus het aan die kompetisie deelgeneem.

Volgens 'n verklaring deur me. ­Christine Swiegers het die meisies in verskillende kategorieë soos loslit, aand- en tradisionele drag deelgeneem. “Die kreatiwiteit en houding was verbasend goed en elke deelnemer het die gehoor en beoordelaars met haar persoonlikheid en styl betower. Elke deelnemer het deeglik voorberei en beïndruk met hulle selfversekerde optredes.”

Die vroulike beoordelaars wat uit plaaslike sakelui en regeringsamptenare bestaan het, het 'n moeilike taak gehad om 'n wenner aan te wys.

Verskeie dansgroepe van verskillende ouderdomme het gedurende die kompetisie die skare vermaak.

Die vyf finaliste moes vrae beantwoord en die eerste was oor wat hulle in die volgende vyf jaar wil bereik.

“Om 'n graad te kry, ander vroue te help en onafhanklik te wees, het baie sterk deurgekom. Die tweede opdrag was om te beskryf hoekom hulle daarvan hou om op Aus te woon en wat is so spesiaal aan die klein dorp. Die liefde vir Aus en sy gemeenskap was voelbaar in elke woord wat deur die vyf finaliste uitgespreek is.”

Die laaste opdrag was om 'n persoonlike boodskap aan Namibiese vroue te gee.

“Al vyf se wens vir Namibiese vroue was om selfversekerd en sterk te wees, om trots te wees op wat hulle is en wat hulle doen en om na die sterre te reik. Hierdie pragtige en emosionele boodskappe was 'n ernstige herinnering aan alle vroue om nie terug te hou nie, om niemand toe te laat om oor hulle te loop nie en om teen geslagsgeweld te veg.”

Boois is op Aus gebore en het daar grootgeword. Sy is tans besig om vir 'n graad in besigheid te studeer en beoog om 'n voorbeeld en 'n baken van hoop en deursettingsvermoë vir vroue in hierdie land te wees. Boois pleit vir groei, geregtigheid en geslagsgelykheid.– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!