Mej. Namibië kry haar wiele
Mej. Namibië 2019, Nadja Breytenbach, het haar wenvoertuig van Pupkwitz Toyota ontvang. Die voertuig is vir ’n jaar lank vir haar private en Mej. Namibië-verpligtinge tot haar beskikking. Breytenbach sal binnekort saam met haar eerste prinses, Julita-Kitwe Mbangula, en tweede prinses, Johanna Swartbooi, na die streke reis om hul Bou ’n diamantgenerasie-projek van stapel te stuur. “Ons sal na verskillende skole gaan en met die kinders oor belangrike temas soos tienerswangerskappe en alkohol- en dwelmmisbruik gesels. Ons al drie is by die projek betrokke,” het Nadja gesê.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie